25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p133

Hierdie standpunt word verklap deur ʼn verklaring van die Nederduitse Hervormde Kerk

(Lombard 1981:221) waarin aangedui word dat hulle geen beswaar het teen

apartheidswette nie, solank dit op so ʼn manier toegepas word dat mense se

menswaardigheid behou word. Waarom sou dit nodig wees om so ’n voorwaarde te

stel? Tensy hulle besef het dat die wette juis mense se menswaardigheid bedreig het.

Elsa [3-730] is baie uitgesproke oor die huidige stand van geweld en misdaad in die

land as sy sê:

daar word elke dag honderde swartmense doodgemaak,

ook deur kriminele. My bediende sê vir my in Thabong

word daar elke naweek omtrent drie of vier mense

doodgemaak. Ons steur ons net nie daaraan nie, dit

pla ons nie. Maar dat daar nou ʼn wit boer

doodgeskiet word, of ʼn wit mens doodgemaak word, dan

is dit op die voorblaaie van die koerante vir weke

lank en dis op die nuus elke dag. So die mense

beleef nog steeds die storie dat ons onsself sien as

superieur.

Die idee van superioriteit lê nie in die eerste plek in die dade nie, maar in die gedagte

wat die dade voorafgaan. En hierdie gedagtes is rassistiese gedagtes.

3.3 Inkommers in apartheid 22

Rassisme is in hoofstuk twee aangedui as een van die oorsake van die politieke beleid

van apartheid. Vir diegene wat in apartheid ingekom [Mike 2-283] het, met ander

woorde hulle wat grootgeword het in die tyd van apartheid, was dit terselfdertyd ook 'n

gevolg van die politieke beleid. De Klerk (2000:33) noem dit dan ook een van die sewe

sondes van apartheid.

In die groep was daar ʼn hewige debat oor presies wat rassisme is. Elsa [3-749] sê: Ons

bly dink in terme van wit en swart. Ons dink nie aan mense nie.

[R]assisties beteken net jy heg sekere rasse-eienskappe aan

22 Hierdie opskrif verwys na ʼn opmerking van Mike [2-283] Dit het nie in ons lewe ingekom

nie, maar ons het in apartheid ingekom.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!