25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p290

gedoen het aan mense, blank en swart, aan kerk, aan die evangelie,

en die volgehoue weiering om te erken dat berou en bekering nodig

het, is nie net verstommend nie, maar ontneem ook alle grond aan die

verwagtings oor versoening (Boesak, aangehaal in Du Toit et al

2002:82).

Ook vanuit die WVK was daar vingerwysings na die NG Kerk: “there was also

disappointment with whites in general, Afrkaners and English – and the DRC in

particular – for remaining aloof, for not using the opportunities given to them, for not

entering into the spirit of truth and reconciliation” (Meiring 2003a:254).

Nog ander aanklaers sê lidmate loop weg uit die NG Kerk aangesien “the white

churches no longer made it possible for people to live their ordinary daily lives

according to their consciences, the church made it difficult to do the right thing in a

country haunted by injustice” (Krog 2003:246).

In ʼn onderhoud met Charles Leonard (2012:elektroniese bron) van die Mail & Guardian

maak Jean Oosthuizen van Kerkbode hierdie opmerking: "The Afrikaans churches'

support for apartheid is now costing them a lot. Many people feel cheated and want to

know, if the church lied to them about apartheid, what else it is lying about?" Dat die

NG Kerk sy tradisionele rol verloor het, is duidelik. ʼn Enkele voorbeeld is voldoende:

Twee jaar gelede verskyn daar ʼn boek oor versoening in Suid-Afrika (Du Toit &

Doxtader 2010). Uit die negentien medewerkers is daar nie een NG Kerk leier nie. Voor

1994 sou so iets ondenkbaar wees.

6.2 Die Kerk in ʼn post-apartheid oorpak

Die taak van die kerk het sekerlik vele fasette, maar die een taak wat onvermydelik

noodsaaklik is, is om betrokke te raak by die versoeningsproses in die land. In die lig

van 2 Korintiërs 5:18 (“Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die

bediening van die versoening toevertrou”) en Romeine 12:18 (“leef in vrede met alle

mense”) is dit gebiedend dat dit juis die Christene, die kerke, moet wees wat hierin die

voortou neem. “The church, by definition, should have taken the lead in the search for

truth and reconciliation” (Meiring 1999a:20).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!