25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p154

goedkoop arbeid van swart mense en ten koste van hulle menswaardigheid. Hoeveel

dit ook al mag waar wees dat ’n wit individu nie swart mense anders behandel het as

wit mense nie, bly dit ’n feit dat die apartheid stelsel swart mense fundamenteel anders

behandel het as wit mense.

6.2 “Die Rooi Gevaar”

Daar is ook ʼn tweede reaksie wat, nes hierbo, “pedestrian”-status (Krog 1998a:162)

opeis ten opsigte van die bevindings van die WVK. Dit is naamlik dat mense hulleself

ten opsigte van apartheid bloot as onbetrokke toeskouers sien. Volgens Weingarten se

skema beskou hierdie mense hulleself ook as beide onbewus en ontmagtig, soos die

ontkenners hierbo. In hierdie geval is die groot verskoning die eksterne bedreiging van

kommunisme. “...South Africa now faces to the north the Marxist regimes in Angola,

Zimbabwe and Mozambique” (Stavrianos 1982:478). Ook die destydse minister van

buitelandse sake, Pik Botha, sluit hierby aan as hy reageer op kritiek op die NP se

1983-grondwet. Hy sê: "Hulle bedoel dit seker goed, maar hulle val maklik in die hande

van Moskou. Die basiese stukrag in alle teenstand kom van Moskou af" (aangehaal in

Meiring 1985:37).

In die groep was sommige lede baie uitgesproke oor die onthullings voor die WVK en

het beweer dat hulle nie bewus was van die moorde en menseregte

skendings [Johan 6-208] nie. Asook dat hulle afsonderlike ontwikkeling

ondersteun het, en nie moord nie [Johan 6-209]. En dan word aangevoer dat

kommunisme die rede agter die wreedhede was: Al hierdie dinge wat ons nou

hoor voor die WVK, wreedhede, dit is nie alles as gevolg van

apartheid gepleeg nie. Daai ouens het uitgerafel omdat hulle

iets anders verdedig het as apartheid. Ons het laas ook oor die

kommunistiese bedreiging gepraat... [Johan 6-211].

Tydens ʼn ander gesprek het Johan wéér oor kommunisme gepraat. Die implikasie van

sy woorde is duidelik, naamlik dat ons die impak en implikasies van kommunisme

totaal onderskat: het iemand al ooit... die invloed van die

kommunisme op ons beeld van dat apartheid so sleg is, gaan

bepaal [Johan 4-504]. Hy impliseer dat die wêreldwye veroordeling van apartheid nie

so prominent sou gewees het as dit nie vir die kommunistiese propaganda was nie. ʼn

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!