25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 15: Opvolggesprek met George

p672

405

406

407

408

409

410

411

412

413

414

415

416

417

418

419

420

421

422

423

424

425

426

427

428

429

430

431

432

433

434

435

436

437

438

439

440

441

George: Bedoel jy nou ten opsigte van uitreik aksies om...

Albert: Nie noodwendig so, maar bloot in terme van gesindheid.

George: Ja ek dink die gesindheid is reg, ek dink daar is definitief so ʼn gesindheid, ʼn

positiewe gesindheid, maar of dit wat op die beleid staan, sê nou maar by wyse van ʼn

sinodebeslissing of ʼn sinodebesluit of dit waarheen ons mik wat ons graag in die

samelewing wil hê en of die paaie van die praktyk daarheen loop dit weet ek nie. Ek

dink, dit is my praktiese belewenis daarvan nè, askies tog ek wyk nou af. Jy weet

hierdie jaar het Paasnaweek vir my gekom en gegaan seker omdat ons nie ʼn predikant

het nie en toe het ek jy weet daar was altyd daai ses weke lydingstyd in die kom ek sê

die vroeër jare wat jy intens bewus geword het van hoe het Christus gely die hele

aanloop daartoe nè. OK dit is seker nou ʼn meer krasse vergelyking, maar ek sien nie

sulke tematiese aksies van die kerk om daai ding in die praktyk te laat onwikkel nie. Ek

weet nie, my bewoording en my uitdrukking is nou seker nie reg nie. Maar daar is nie

wat my betref om daai... as ons nou van apartheid moet afwyk en regstelling moet

doen en versoenend moet optree... Ek dink die bereidheid tot versoening is daar. Maar

ek weet nie watter praktiese bewegings of aksies moet nou dan in werking kom om

versoening te bewerk nie, om hom te praktiseer nie. Dit weet ek nie. Dit gaan vir my,

die kerk is ʼn kolleksie van ʼn klomp individue, van individuele lidmate en ek dink die

oorgrootte meerderheid, dit is nou net ʼn gedagte by my net dit is hoe ek daaroor dink

jou eerste verwysings raamwerk is maar jouself, en dan dink jy maar die ander ouens

dink ook seker maar soos ek dink. Ek weet nie of ek spesifiek as ʼn lidmaat van die kerk

nou moet werk ten opsigte van versoening nie, want ek dink ek leef versoenend as ek

dit so kan stel. In die opsig ek het nie ʼn aksie teen ouens van ʼn ander ras, of ʼn ander

kultuur groep of wat ook al ten opsigte van die kerk nie. Maar as ons nou weereens by

die praktiese deel kom, jy weet taal het baie simboliek en ek weet net nie altyd of

ouens van ander etniese groepe en taal groepe – kom ons praat nou van ʼn ding soos

erediensbywoning – of hulle dieselfde boodskap uit dieselfde diens gaan kry as wat ek

gaan kry nie, as gevolg van taal. En daarmee sê ek nou nie ek is daarteen nie. Dit

gaan weer vir my oor kultuur en oor taal. Dit gaan my nie pla, kom ons wees naby

prakties, dit gaan my nie pla as ek môre-oggend die erediens gaan bywoon en hier is ʼn

anderskleurige mede-Christen kom langs my sit nie. Dit gaan my geensins pla nie. Wat

my wel gaan pla is dat hy nie my taal kan verstaan nie, maar hy kom sit hierso net

omdat hy nou mag hierna toe kom, omdat daar nou nie meer die apartheidsgrense is

nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!