25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 9: Opvolggesprek met Elsa en Frans

p568

258

259

260

261

262

263

264

265

266

267

268

269

270

271

272

273

274

275

276

277

278

279

280

281

282

283

284

285

286

287

288

289

290

291

292

293

294

ouens stem saam ten spyte van hulle spreukwyse ten tye en dit sê dat die

onderhandelings moes 10 of 12 jaar vroeër al begin het as toe dit begin het. So ja ons

het met oogklappe geloop.

Albert: Daar was ʼn baie goeie aanhaling of opmerking wat iemand gemaak het destyds

toe hy weg is uit die parlement toe vir hom gesê het dat hulle is bitter jammer dat hy

parlement verlaat, want hy het absoluut die verstand om daar ʼn verskil te maak en al

die guts om weg te gaan. Toe sê hy ja dit is juis die probleem met die parlement is al

die guts maar geen verstand. Dit was eintlik vir my ʼn baie goeie opmerking wat hy

gemaak het. Dit was eintlik hoe die parlement daardie tyd gefunksioneer het, ons

luister nie, don’t confuse me with the facts, my mind is made up. Dit is nogal so dat ons

nog ʼn bietjie anders... Ek dink ons het dalk net nie gedink nie. Ons is net voorgesê en

ons was tevrede daarmee. Maar dit is vir my goed dat julle nou presies dit sê. Dit is wat

my aanbetref ook die kern van die ding. Ek luister nou weer na die onderhoude wat ons

destyds gevoer het, die gesprekke, ek het dit op ʼn CD in my kar. Nou die oggend toe

ek vieruur uit Welkom uit weg ry te ry na Bloemfontein om ʼn vliegtuig te gaan haal,

want Mango vlieg maar vroegoggend, twintig minute voor sewe. Ek is al sesuur op die

lughawe. Nou ry ek in die donker nag, maar dit is mooi. Dis donkermaan, daar is nie ʼn

maan van ʼn dag oud nie. Ek stop daar so tien of twintig kilometers van Bultfontein af.

Ek stop in die middel van nowhere en nêrens en sit die bakkie se ligte af. Ek gaan

staan buite die bakkie en kyk hierdie sterre. Ongelooflik. Jy sien dit nie op ander plekke

nie. In elk geval nou luister ek weer na die gesprekke en dit is net vir my so ontstellend

opvallend hoeveel van die ouens nie sou sê wat julle nou gesê het nie. Vir hulle het

apartheid gegaan oor ‘hy mag nie voor in die bus gesit het nie’ en al hierdie klein

apartheid reëltjies, jy weet die reëls wat gesê het hy is swart en hy mag nie hier swem

nie. In plaas daarvan om raak te sien dat agter dit sit daar ʼn onderliggende beginsel

wat sê ek is beter as jy en daarom mag jy nie hier sit nie, of daar swem nie, mag jy nie

dit doen nie en mag jy nie dat doen nie. Maar dat ons absoluut oogklappe aan het om

daai dinge raak te sien. Nou wil ek vra hoeveel blankes dink julle sien dit raak of sien

dit so? Of is ons drie nou die uitsondering, of in die minderheid?

Frans: Soos ek gesê het die mense met wie ek gepraat het, het saamgestem dat ons

eerder moes begin het as later begin het. En ek wil nou vir jou sê dat byvoorbeeld as

ek met my buurman gesels hier agter of dit of dat dan sal hy vir my sê – ek wil nou nie

baie dramaties klink nie – maar ek het nooit so daaraan gedink nie. Maar eintlik is jy

reg. En wat ek probeer doen as ek met sulke mense praat is om duiwelsadvokaat te

wees en die ding anders te sien. Net om ʼn slag aan die ander kant van die tafel te

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!