25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p326

Daar is inderdaad hoopvolle tekens dat daar onder die jongmense ʼn verandering van

denke begin plaasvind. Dit kan net goed wees vir die land. Ongelukkig vir die NG Kerk

moet ook gesê word dat dit juis hierdie geslag, met hulle nuwe denke, is wat

stelselmatig die Kerk verlaat. Juis hulle op wie die Kerk sy hoop vir die toekoms vestig,

is besig om die Kerk te verlaat.

10. “Zaziwe”

Jomo Kenyatta, die groot leier van Kenia, het gesê: “Ons kinders kan leer van die helde

van die verlede, maar ons taak is om onsself argitekte van die toekoms te maak”

(aangehaal in Van Rensburg 2009:123). Die post-apartheid toekoms gaan nie vanself

gebeur nie, dit sal doelbewus gebou moet word deur diegene wat ʼn keuse vír Suid-

Afrika gemaak het. Hieroor is daar gelukkig baie bemoedigende verhale te vertel.

Büchner (2012:elektroniese bron) skryf oor Gawie Snyman, die dominee van Delmas

na wie reeds vroeër verwys is:

Sy mobilisering van ’n stukkende gemeenskap het kerke oor die land

heen bewus gemaak van die unieke posisie waarin hulle is: Kerke is

geposisioneer om in elke gemeenskap, dorp en stad stukkende

gemeenskappe te help praat, emosies te ontlont, nuwe gesprekke te

stimuleer en opbouende aksies aan die gang te kry.

Ek glo dat die NG Kerk reg is om die uitdaging te aanvaar. Die NG Kerk kan ʼn

instrument van vernuwing wees, mits die Kerk luister en die regte besluite neem.

Ek wil graag hierdie navorsingsverslag afsluit met ʼn verhaal wat Ewald van Rensburg

(2009:33) vertel oor oud-president Nelson Mandela se tyd in die tronk. In sy veertiende

jaar het hy toestemming gekry dat sy dogter hom kon kom besoek. Van Rensburg

vertel:

Sy het na hom toe gehardloop en hom omhels. Hy het haar as jong

dogter laas gesien en nou was sy ʼn getroude vrou. By haar was haar

baba.

Sy het die kind in Nelson se arms neergelê. Om sy kleinkind te kon

vashou, het vir hom oneindige vreugde gebring.

Volgens die Xhosa-tradisie is dit die oupa se voorreg om vir die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!