25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p262

Villiers 1996:141). Ander het by herhaling gesê dat hulle nie van die vergrype geweet

het nie en nog ander wou net vergeet en aangaan met die lewe (Sparks 2003:135).

Meiring (2002:65) wat self deel van die WVK-proses was, voer aan dat “most black and

brown South Africans – the people who were mostly at the receiving end of apartheid –

were grateful for and satisfied with the work of the TRC.” Dieselfde kan egter nie vir die

wit gemeenskap gesê word nie:

While some did enter into the spirit of the process and identified with it

and were indeed also heeled by the process, others remained aloof

and even critical. Being exposed to the horrible past, and having to

acknowledge one’s own responsibility and complicity – by commission

or by omission – does not come easily (Meiring 2002:65).

Johan [6-478] verklap iets van hierdie houding wanneer hy praat oor die publikasie van

die verslag van die WVK: Ons gaan sien hoe jammer gaan ons Donderdag

wees as die WVK se verslag kom. Dan gaan ons sien hoe jammer is

ons omdat ons wit is.

ʼn Ander algemene kritiek was dat op die verkeerde mense gekonsentreer is. Maluleke

(1997:64) voer ʼn argument aan wat meermale gehoor is, naamlik dat die WVK net op

die “foot soldiers” fokus en nie op die leiers wat die bevele gegee het nie. Selfs die leier

van die NP [De Klerk] plaas al die blaam op die voetsoldate: “I will not take the blame

for people who acted like barbarians, who ignored the parameters of their duty. They

are criminals and they ought to be punished” (Krog 1998a:98). Onder die medenavorsers

is dit weer Johan [6-221] wat hierby aansluit: Al hierdie dinge wat

ons nou hoor voor die WVK, wreedhede, dit is nie alles as gevolg

van apartheid gepleeg nie. Daai ouens het uitgerafel omdat hulle

iets ander verdedig het as apartheid.

2.3 Waar staan ons nou met die WVK?

Die argument dat die verkeerde mense aangespreek is deur die WVK, hou water, maar

dan nie in die wyse waarop dit tot dusver aangebied is nie. Die WVK-proses het op ʼn

strategiese punt misluk en die skuld daarvoor lê voor die deur van die mandaat van die

kommissie. Die opdrag was om te kyk na “gross violations of human rights” (SA

Parliament 1995:elektroniese bron).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!