25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bylaag 2: Gesprek 2 (13 Augustus 1998)

p419

365

366

367

368

369

370

371

372

373

374

375

376

377

378

379

380

381

382

383

384

385

386

387

388

389

390

391

392

393

394

395

396

397

398

399

400

401

wat die skeuring gekom het tussen Nasionale Party en Sap. Toe het die Nasionale

Party aan die bewind gekom en so het Sir de Villiers Graaff verdwyn, en so het ek ook

gevoel dat ons politieke party verdwyn het en so het my belangstelling in die politiek

begin verdwyn want die Sappe het verdwyn. En so is ons grootgemaak, en nou sit ek

in die situasie waar ek is 'n Sap, ek het NP saam met my, ek het ANC saam met my

(my broer is 'n ANC speaker in _____), en alles gevolg van goed wat verkeerd geloop

het daardie tyd al. As ek nou moet sê of daar rassisme was, kan ek nie sê dit is

rassisme nie, want die manier, hy kom op vir die swartes, hy is 'n speaker vir hulle, en

die manier waarop hy sy swart – nie swart nie, maar kleurlinge – werkers hanteer op

die plaas, hy sal sommer met 'n sambok inspring en begin links en regs slaan. Waar

kom dit vandaan?

Mike: Hier wil ek nou graag iets byvoeg. As 'n mens sê jy is anderste omdat jy vir 'n

ander party stem, omdat jy wil anderste lyk, maar intussen behandel jy die mense

erger. Dan is dit nie meer politiek nie. Dis hoekom ek sê, die politiek van daardie tyd

het ons nie so aangegaan nie, die leefwyse wat ons aangeleer was, was vir ons meer

van belang. Ek verkies liewerste om polities moderate te wil bly, as wat ek geweldig

polities na een rigting toe dryf, maar ek behandel mense erger as wat die ver-regses dit

doen. En hierdie is 'n tipiese geval.

Hanlie: Maar kom Christenskap nie hier tot 'n groot mate ter sprake nie?

Mike: Daarom dat ek wil sê, daardie tyd van die Sappe en Nasionaliste. Ons eet saam,

ons bid saam, doen alles saam en ons is almal Christene, en ons is gelukkig getroud.

Maar wat maak jou anderste as ek omdat jy voel 'n ding is verkeerd, en daarom stem jy

anderste. Ek voel dinge is verkeerd maar ek het geleer, dis hoe ek grootgeword het. Vir

my gaan dit nou nie meer oor die politieke situasie nie, dit gaan oor hoe ek as 'n mens

'n situasie hanteer, ek sien dit daagliks gebeur. Mens kan nie glo dat mense op TV sê,

die blankes het hierdie land se swartes so sleg behandel, en dan gaan hy terug plaas

toe en die eerste een wat hy kry dam hy sommer met die vuis by dat hy op sy agterend

gaan sit. As ons begin politiek sien as hoe ons moet glo mense moet behandel word,

dan het ek 'n groot probleem daarmee.

Albert: So wat jy eintlik sê, is dit gaan nie oor die politieke party nie, maak nie saak wie

aan bewind sou wees nie, al het die NP nie in 1948 gewen nie, sou ons waarskynlik 'n

soortgelyke stelsel gehad het op die boeke. Die beginsel daaragter, die onderliggende

meerderwaardigheid of minderwaardigheid sou nog deurgekom het op 'n manier.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!