25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p157

totaal ander perspektief. Vir hulle was kommunisme ’n vennoot in hulle stryd teen

onreg en verdrukking wat hulle elke dag ervaar het.

Villa-Vicencio (1993:156) rapporteer ʼn onderhoud wat hy met Nelson

Mandela gehad het. Hy het hom onder andere uitgevra oor die alliansie

tussen die ANC en die SA Kommunistiese Party. Mandela se antwoord

was: “During World War II Roosevelt, Churchill and De Gaulle

established an alliance with Stalin in order to fight fascism. That alliance

changed the course of history. On the same basis the ANC made an

alliance with the SACP to fight racism and white domination.”

In sy biografie van Mandela haal Meredith (1997:132) vir Albert Lethuli

aan wat gesê het: “I shall work with all who are prepared to stand with

me in the struggle for liberation of our country.” Mandela (aangehaal in

Meredith 1997:133) self het ʼn soortgelyke standpunt oor die verhouding

tussen die ANC en die kommuniste: “Theoretical differences amongst

those fighting against oppression is a luxury we cannot afford…”

Ook ʼn ander rolspeler in die vryheidstryd, Govan Mbeki, sien die

Kommunistiese Party as ʼn beweging wat veg vir die armes en die

werkers, teen die ryk en die welaf, op ʼn manier waarop die kerk dit nie

naastenby gedoen het nie (Villa-Vicencio 1993:168).

Terwyl baie wit Suid-Afrikaners die kommuniste beskou het as die

grootste openbare vyand, was hulle vir die swart gemeenskap ’n

vennoot teen verdrukking.

In sy voorlegging aan die WVK verwys die leier van die Vryheidsfront, Generaal

Constand Viljoen (1997:elektroniese bron) na “the Soviet Union as the main supporter of

the ANC” en dat sake in Suid-Afrika anders sou verloop het as dit nie vir die

kommunistiese steun aan swart mense was nie. Giliomee (1996:9) se reaksie hierop in

sy kolom in die Beeld is insiggewend. Hy sê dat swart mense met dieselfde ywer sou

veg selfs al het hulle nie kommunistiese steun gehad nie.

Die kommunistiese bedreiging het ’n baie handige “vyand” daargestel waarteen die

apartheidsregering wit mense kon saamsnoer. Die vermeende bedreiging van hulle

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!