25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p43

Sedertdien het daar meer as ’n dekade verloop – en nie sonder bepaalde storms nie. In

die aanloop tot die tweede fase, die longitudinale studie, is daar ten opsigte van die

literatuur veral gekyk na die groot debatte in Afrikaanse en kerklike geledere. Reeds

tydens, en kort na die WVK, was daar verskeie reaksies op die proses, soos Asmal,

Asmal en Roberts se Reconciliation through truth (1996) en James en Van de Vijver se

After the TRC (2000).

In sy Die nuwe toekoms (Du Toit 1999) bekyk die skrywer die rol en posisie van die

Afrikaners wat “in ʼn toestand van feitlik totale verlies van politieke inspraak beland het

en hoe hy met vernude selfrespek daar kan uitkom” (De Villiers 1999:8). Met etnisiteit

en kultuur as belangrikste dryfkragte (Du Toit 1999:13), bekyk hy die posisie van

minderhede en hulle regte in Suid-Afrika.

Tien jaar na die aanbreek van die demokratiese Suid-Afrika gee sestien

meningsvormers hulle opinie van die eerste dekade en die pad vorentoe (World

Economic Forum 2004). Dit sluit in ekonome, politici en gemeenskapsleiers. Op ʼn

heelwat ligter trant skryf ervare politikus Pieter Mulder (2008) oor sy eie ervarings in die

parlement en post-apartheid Suid-Afrika in die algemeen. Rian Malan (2011),

ondersoekende joernalis en sosiale kommentator, volg sy vroeëre My traitor’s heart op

met Resident Alien waarin hy alles en almal ondersoek en aanspreek. Hy beweer die

enigste waar woord wat hy nog oor Suid-Afrika geskryf het, is: “We yaw between terror

and ecstasy. Sometimes we complete the round trip in just fifteen minutes” (Malan

2011:xii).

In die geledere van die wit Afrikaners was daar die hele Boetman-debat wat Chris

Louw (2001a) met sy ope brief aan die gang gesit het. Hierop het ʼn omvangryke

reaksie van tientalle lesers wat briewe oor dieselfde onderwerp geskryf het gevolg. Die

kwessie van skuld en skuldbelydenis is op die voorgrond geplaas deur oud-minister

Adriaan Vlok wat eerwaarde Frank Chikane se voete gaan was het (De Lange 2006:1).

Die skiet-voorval by Skielik, waar ’n jong wit man swart mense doodskiet het (Mouton

2008a:1) en die debakel oor die Reitz-video (Cloete 2008:1), het die verhouding tussen

wit mense en swart mense opnuut in die kollig geplaas. Al hierdie gebeure speel af

teen die agtergrond van ’n land met toenemende misdaad en geweld, swart-beheerde

munisipaliteite wat al minder en minder slaag in dienslewering, grondhervormings wat

op baie plekke misluk en regstellende aksie wat deur baie wit mense as omgekeerde

rassisme ervaar (Hermann 2007:30) en selfs deur swart mense as diskriminerend

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!