25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p139

van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in

Afrika stel dit so: “Baie van die wit sendelinge het nie daarvan gehou dat

die swart manne al hoe meer hulle eie gedagtes begin koester oor dinge

nie; hulle wou nog graag vir die swart mense voorskryf hoe dinge in die

kerk gedoen behoort te word.” Hy gaan voort om te sê “dat tot nog sewe

jaar gelede die Kerkorde van die Vrystaatse sinode van ons kerk bepaal

het dat die voorsitter en die skriba van ’n ring noodwendig ’n wit

sendeling moet wees!” (Meiring 1975:5).

Een van Meiring (1975:105): se ander gespreksgenote stel dit so: "Die

ergste van alles is dat ons so min te sê het oor ons eie lot. Ander mense

besluit vir ons oor ons lot en ons toekoms. Daarteen kom waarskynlik

die meeste swart mense in opstand. Ons wil sélf besluit."

Die manier waarop wit mense na swart mense verwys is nog ʼn duidelike bewys van

hierdie (soms subtiele) paternalisme. Die meeste swart mense het benewens hulle

regte naam ook nog ’n sogenaamde wit of Europese naam.

Gedurende die tyd van ons groepsbesprekings het ek ook gesprekke

gevoer met swart mense. Tydens so ’n bespreking met ’n kerkgroep het

die volgende na vore gekom. Ek deel dit met die mede-navorsers tydens

die derde gespreksessie: Die eerste ou met wie ek gesels...

ek vra hom wat is sy naam. Hy sê Michael. En

onmiddellik gaan hy aan en praat met my oor wat sy

naam beteken. Sy naam is eintlik Mokake. Dis sy naam.

Maar kleintyd het hulle hom gedoop Michael, want die

wit mense kon nie sy swart naam sê nie. Vat sy ma hom

dokter toe, want hy is siek, dan vra die dokter wat

is sy naam? Mokake. Nee heng ek kan nie daai naam sê

nie. Jy is Michael. En wat dit aan daai jong man

doen. Dit is ʼn outjie so ʼn paar jaar jonger as ek. Hy

het seker ʼn goeie twee, drie, vier minute gepraat oor

sy naam. Hy wil nie Michael wees nie, want hy is nie

Michael nie. Hy is Mokake [Albert 3-853]. Hy is gewoond dat

almal hom Michael noem, en tog is sy lang gesprek oor die betekenis

van sy eintlike naam ʼn aanduiding van die belang daarvan vir hom.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!