25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p21

die gesprekke van die opvolgnavorsing.

6.2 Opvolgnavorsing

Die opvolgnavorsing is by wyse van ʼn longitudinale studie gedoen. “The defining

feature of longitudinal studies is that individuals are measured repeatedly through time”

(Diggle, Heagerty, Liang & Zeger 2002:1). In hierdie navorsing beteken dit dat ʼn groep

mede-navorsers oor ʼn tydperk van veertien jaar meer as een keer die geleentheid

gekry het om hulle narratiewe te deel

...thereby allowing the direct study of change over time. The primary

goal of a longitudinal study is to characterize the change in response

over time and the factors that influence change. With repeated

measures on individuals, one can capture within-individual change.

Indeed, the assessment of within-subject changes in the response over

time can only be achieved within a longitudinal study design

(Fitzmaurice, Laird & Ware 2004:2).

Die aanvanklike navorsing is in groepverband gedoen. Ongelukkig was dit nie moontlik

om die opvolgnavorsing ook in groepverband te doen nie. Fitzmaurice, Davidian,

Verbeke en Molenberghs (2009:ix) skryf “longitudinal studies are... prone to problems

of missing data and attrition.” Hierdie “attrition” word ook soms genoem “drop-out”

(Hedeker & Gibbons 2006:2) en verwys na ʼn mede-navorser wat uit eie keuse of

vanweë omstandighede onttrek voor die einde van die studie. Dit was ook die geval

met hierdie navorsing. ʼn Beduidende aantal van die oorspronklike mede-navorsers het

uit Welkom verhuis, die meerderheid na ander provinsies. Een persoon is sedertdien

oorlede. Dit sou dus nie prakties moontlik gewees het om almal weer in 'n groep byeen

te bring nie. Almal was egter steeds bereikbaar en ek het nog kontak met elkeen

gehad.

Eerder as om 'n nuwe navorsingsgroep te begin, is besluit om eerder die oorspronklike

mede-navorsers individueel te kontak vir die opvolgnavorsing. Ek het elkeen persoonlik

gekontak en het deur middel van 'n persoonlike gesprek weer die temas van die

oorspronklike navorsing aan die orde gestel. Ten einde hierdie gesprekke te voer het

ek etlike duisende kilometers gery na uiteenlopende plekke soos Prieska in die Noord-

Kaap en Malmesbury in Wes-Kaap. Die transkripsies van hierdie gesprekke is ook op

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!