25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p304

8.1.2 Begelei lidmate ten opsigte van die verlede

Die WVK het hard gewerk om die verhale van die wreedheid van apartheid aan die

land se inwoners te vertel. Oortreders en slagoffers kon hulle verhale kom vertel.

Vroeër is reeds aangetoon dat die fokus op die oortreders en die slagoffers nie genoeg

is nie. Vanuit sy betrokkenheid by die WVK skryf Piet Meiring juis oor die sukses van

die luister na die slagoffer- en oortreder-verhale, maar hy vra ook na meer: “Maar die

nasie het dit net so nodig gehad om na die waarheid te luister, om daarmee

gekonfronteer te word, beskaam te word, daarmee te worstel – en uiteindelik om te

ervaar hoe die waarheid ’n mens vry kan maak” (Meiring 2003b:121). Dis nodig dat

“gewone” mense – in die lig van hierdie navorsing, “gewone” wit mense – die verhale

moes hoor.

Ook gewone wit Afrikaanse Christene moes hierdie verhale hoor. Lidmate van die NG

Kerk sou al gehoor het dat die Kerk apartheid as sonde bely het, maar wat presies is

dit wat verkeerd was? Smith (2010a:13) stel dit baie sterk:

Maar nêrens, nee nêrens, het die kerk ooit uitgespel wat die aard van

die sonde was en waarom die Bybelse regverdiging daarvan ʼn kettery

was nie. Allermins is vergifnis gevra van hulle wat onder apartheid gely

het. Só min het die NG Kerk geweet van die onderdrukkende lyding

wat die gekleurde mense onder apartheid moes verduur.

Lidmate moet begelei word om raak te sien wat jare gelede in die naam van apartheid

aan ander Suid-Afrikaners, en medegelowiges, gedoen is. Eers wanneer dit raakgesien

en erken word, kan vergifnis gevra en verkry word. Om skuld te bely, is egter nooit

maklik nie. Meiring (2003b:120) skryf hieroor:

...dit moet van die kerk se kant duidelik gestel word dat ware

versoening nie kan plaasvind as die oortreders – ook hele

gemeenskappe wat ander verontreg het – nie bereid is om openlik voor

God en voor mekaar hulle skuld te bely en om vergifnis te vra nie. Sou

die NG Kerk sy lidmate deur sy prediking en sy pastoraat op dié pad –

wat dikwels ’n eensame en traumatiese pad is – kon begelei?

Hoe traumaties dit ook al mag wees, kan hierdie aspek – erkenning van die verlede –

nie oorgeslaan word nie.

Reconciliation is a gift from God, true. But reconciliation also asks for

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!