25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p328

beperkings en verdere moontlikhede.

12.1 Terugskouend

Die bedoeling van die navorsing was om ondersoek in te stel en te rapporteer hoe wit

Afrikaanse Christene in die post-apartheid Suid-Afrika leef, gegewe hulle aandeel aan

die vorige bedeling. Die primêre fokus was op lidmate van die NG Kerk. Al het die

navorsing dus gefokus op lidmate van die NG Kerk van 'n bepaalde gemeente in

Welkom, is daar tog bepaalde temas wat binne die wit Afrikaanse Christengemeenskap

verteenwoordig word. Die aanvanklike navorsing is veertien jaar later opgevolg deur ʼn

tweede rondte navorsing.

Dit wil voorkom asof daar min verandering plaasgevind het in die verloop van veertien

jaar. Die mede-navorsers se aanvanklike posisies is grootliks behou. Die enigste

verandering het saamgeval met groter blootstelling aan swart mense op ʼn gelyke voet,

byvoorbeeld as kollegas en nie net as ondergeskiktes nie.

Dit was duidelik dat die meerderheid van die mede-navorsers nie besef het, en steeds

nie besef, wat apartheid aan die swart mense van Suid-Afrika gedoen het nie. Daarom

is daar min begrip vir die behoefte aan skulderkenning en skuldbelydenis. Hierdie

posisie is ʼn belangrike belemmering op die pad na versoening op persoonlike vlak,

maar ook binne die Kerk.

Die NG Kerk sal die skuldbelydenis konkrete gestalte moet gee ten einde die lidmate

hierin te begelei. Die aanvaarding van die Belydenis van Belhar sal hierin ʼn belangrike

rol speel. Dit blyk egter dat juis die aanvaarding van Belhar, wat die NG Kerk se

skuldbelydenis sal bevestig, vir ʼn groot deel van die Kerk juis ʼn probleem gaan wees.

Dit rede hiervoor kan juis weer terug herlei word na die gebrekkige besef van die impak

van apartheid.

Die navorsing lewer ʼn besondere bydrae om die konsep apartheid te dekonstrueer vir

wit Afrikaanse Christene. Dit is duidelik dat die verhaal wat die mede-navorsers oor

apartheid vertel het, nie die enigste verhaal is nie. Apartheid is anders as wat die

mede-navorsers gemeen het. Beide vanuit ander wit mense se perspektief, maar veral

vanuit ʼn swart perspektief, kom daar heel ander verhale na vore. Juis om hierdie rede

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!