25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p323

9.4 Hoop gesetel in die volgende geslag

Alexander (2010:elektroniese bron) raak ʼn belangrike punt aan as hy oor die rol van

ouer mense ten opsigte van die jeug in die post-apartheid opset skryf:

Die stryd vir die verwesenliking van ’n nierassistiese (sic),

nieseksistiese (sic) en demokratiese Suid-Afrika sal geslagte eerder as

dekades duur. Die politieke en kulturele leierskap van ons land, die

mense wat rolmodelle vir ons jeug is, het ’n groot verantwoordelikheid

om te help om die omstandighede te skep om hierdie doelwitte te

bereik.

Van die kant van jonger mense – jonger as ekself en jonger as die mede-navorsers –

hoor ek bemoedigende klanke oor die toekoms. Snyman (2010:elektroniese bron) skryf

oor ʼn toer wat hy meegemaak het met mense wat meestal ouer as hy was. Na

aanleiding van ʼn insident oor apartheid en wit mense se skuld skryf hy:

Ek word tot vandag toe nog en sal die res van my lewe, bevoordeel

word deur apartheid. Ek skuld ʼn hele paar verskonings. Ek het nooit vir

die nasionale party (sic) gestem nie, ek was van standerd 6 af in ʼn

geïntegreerde skool, ek gaan waarskynlik nie dieselfde voorregte as

my medetoerlede op my aftreedag geniet nie omdat die koek baie meer

gelyk gaan gesny word.

Oor die behoefte aan belydenis is hy eerlik as hy skryf: “Een van die toerlede het toe

ons wegstap gebrom: ‘Hoeveel keer gaan ons nog moet onverskoning (sic) vra vir

apartheid?’ Ek het gewonder of ons dit al ooit eenkeer regtig gedoen het” (Snyman

2010:elektroniese bron). Hy gaan voort: “Of ons besef nie wat apartheid gedoen het nie

of ons dink dit was geregverdig om dit aan ander te doen. Ek stem saam... Ons moet

hieroor praat.”

Om te praat oor die kwessies wat pla, is vir die jonger geslag blykbaar makliker as vir

ouer mense. Wat Van Wyngaard (2010a:elektroniese bron) skryf, hoor jy nie dikwels by

ouer mense nie:

Ek wil eerlik kan sê dat dit my lyk asof Apartheid my ongelooflik

bevoordeel het omdat ek wit is. En dat ek sukkel om te verstaan wat ek

daarmee moet maak. Hoe ek daarop moet reageer. Hoe regstellende

aksie en swart bemagtiging nie altyd vir my so wit en swart (no pun

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!