25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p218

was ook skuldig. As ek myself moet beoordeel volgens Jaspers,

val ek onder die morele skuld [Naomi 5-317]. In die opvolgnavorsing kom die

tema van skuld net indirek aan die orde: As jy sê ek is ’n kind van God en

ek is gehoorsaam aan die wette van God, maar... ek ken my plek

en hy moet sy plek ken. Dan het jy nog nie jou verhouding met

God reggemaak nie, want God het ons nie geskape met die idee van

jy moet kleur raaksien nie. Hy het ons almal dieselfde gemaak...

[Naomi 10-294].

Hierdie gesprek oor Jaspers se skuldkategorieë (aangehaal in Krog 1998a:97) het ook

vir Johan so ver gekry om die naaste te kom aan ʼn erkenning van skuld. Ingebed in ʼn

groter gesprek oor die ANC wat nie tevrede sal wees voor hulle die laaste

stukkie bloed uit ons as blankes of Afrikaners uitgetap het nie

[Johan 5-521] en van jou gemiddelde swartman wat nou al amper jammer

begin voel vir ons blankes omdat ons so gery word [Johan 5-523] kom

sy huiwerige erkenning: dit is net bloot die aanvaarding van ons

skuld, dit wat ons moreel skuldig voel, ons as groep – want ek

dink nie een van ons het iets doelbewus gedoen nie, ʼn mes

uitgehaal en iemand gesteek nie, en daai tipe goed, so morele

skuld...

In ʼn opvolggesprek praat hy weer oor die skuld aan apartheid en dan steek hy steeds

vas by die vergrype van sommige individue sonder om apartheid se algemene impak te

verreken:

...party mense voer aan dat hulle nie bewus was van

die moorde en menseregte skendings en dat hulle

afsonderlike ontwikkeling ondersteun het, en nie

moord nie. Die destydse gebeure moet gesien word

teen die agtergrond van ʼn burgeroorlog. Al hierdie

dinge wat ons nou hoor voor die WVK, wreedhede, dit

is nie alles as gevolg van apartheid gepleeg nie.

Daai ouens het uitgerafel omdat hulle iets ander

oortreding van ondubbelsinnige wette wat objektief in ʼn hof bewys kan word); politieke skuld (die

landsburgers se instemming of gelatenheid ten opsigte van die politieke party se beleid); morele skuld

(die morele aanspreeklikheid vir alle dade, al was dit in opdrag van ander uitgevoer) en metafisiese skuld

(die universeel-gedeelde verantwoordelikheid van hulle wat die oorlog oorleef het terwyl miljoene ander

gesterf het). Later in die verslag word weer hierna verwys.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!