25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p202

van ʼn groot ongeluk en hulle het nou ʼn lys name wat daarby is.

As ek sien dit is swart name wat daar is, dan lees ek dit nie.

Op die vraag hoekom sekere mense klaarblyklik tans meer rassisties is as vroeër

antwoord Isak [16-194] so: Ons sien die effek van misdaad, korrupsie,

swak dienslewering, politici se uitsprake. Die plaasboere is

onder bedreiging en onveilig. Regstellende aksie. Van die rááksien van

hierdie probleme is dit dan ʼn kort sprong om ʼn rassistiese kleur daaraan te gee. Isak

[16-183] is nugter genoeg om raak te sien Swak dienslewering, korrupsie en

misdaad is nie ʼn ras probleem nie, dit is ʼn politieke of

werksetiek of bestuursprobleme. Want hierdie dinge is nie net

beperk tot ʼn sekere ras nie.

Dalk is daar ʼn eenvoudiger antwoord oor waarom dit lyk of mense tans meer rassisties

as vroeër is. Dalk was dit in die ou bedeling nie nodig om so uitgesproke rassisties te

wees nie, maar dit beteken nie dat rassisme nie ten minste onderliggend teenwoordig

was nie. In die tyd tussen die aanvanklike en die opvolgnavorsing, was daar verskeie

praktiese voorbeelde van openlike rassisme in Suid-Afrika. Dit is uiteraard nie moontlik

om na almal te verwys nie, daarom word volstaan met ʼn aantal uit die onlangse

verlede.

Die rassistiese gebruik van die sosiale netwerk Twitter 31 het twee skoonheidmodelle

diep in die moeilikheid gehad. Vroeg in Mei 2012 het die FHM 32 model van die jaar

2011, Jessica Leandra dos Santos, die wêreld aan die gons gehad met ʼn tweet wat lui:

“Just, well took on an arrogant and disrespectful kaffir inside Spar. Should have

punched him, should have” (John 2012:elektroniese bron). Volgens ander bronne het

sy al vantevore ʼn soortgelyke boodskap ge-tweet: "Highlight of my weekend? Almost

punching an #Engen petrol assistant. No tolerance for rude African monkeys

whatsoever!" (Mnguni 2012:elektroniese bron). Dit het nie lank geneem vir die reaksies

om in te kom nie. ʼn Ander model Tshidi Thamana het gereageer met “Dear Mr Peter

Mokaba... I wish All White People were killed when you sang ‘Kill the Boer’ we wouldn’t

be experiencing @JessicaLeanda’s racism right now *☺*”

31 Twitter is ʼn aanlyn sosiale netwerk diens en mikro-blog diens wat gebruikers in staat stel om

teksgebaseerde boodskappe van tot 140 karakters, bekend as tweets te stuur.

32 ʼn Glanstydskrif vir mans. Volgens hulle webblad (www.fhm.com) “we provide you with the very best in

men’s lifestyle with just about everything you would ever need to know or want to look at.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!