25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p235

die swarte baas, maar hier in my kerk, dit is my kerk hierdie jy

weet. Ek wil jou nie in my kerk hê nie, maar dit is eintlik nie

my kerk nie... Die oorgang van ʼn kerk eksklusief vir wit mense na ʼn kerk na die

patroon van die kerk in Handelinge, sal waarskynlik ʼn moeilike skuif wees.

Jonathan Jansen (2009:35) skryf oor die Afrikaanse kerke – ook die NG Kerk – as een

van drie laaste ruimtes

in which Afrikaners can be left alone to be white and Afrikaans without

interference; they remain the only arena that is, in many cases, still allwhite

and all-Afrikaans in the new South Africa; true, there is external

pressure to change from the broad church community, and there are

voices of conscience within the mainstream Afrikaner churches

pressing for a broader sense of mission and for recognition by world

bodies that once ejected them from the international faith community;

but it is entirely up to these churches, once indistinguishable from the

state, to decide whether and when they will change.

In aansluiting by hierdie standpunt van Jansen sê ek vir Isak: Ek stem met jou

saam daar is nog baie daarvan in die kerk, daai ding van orals

verander dinge, kom ons los dit in die kerk, kom ons verander

nie by die kerk nie. Dit is so half ʼn laaste bastion waar ek kan

terugtrek uit ʼn wêreld wat dalk nie meer so gemaklik is nie,

maar by die kerk is dit darem nog ons mense [Albert 14-348].

4.6 Regstellende aksie

Vanuit ʼn politieke hoek is aangevoer dat die onregte van die verlede aangespreek en

reggestel moet word. Verskillende metodes word hiervoor aangewend onder die

benaming regstellende aksie. Hierdie beskrywende woord – baie meer as die Engelse

affirmative action – vertel presies wat met al hierdie metodes beoog word: op ʼn manier

moet die benadeling van die verlede ongedaan gemaak word. Vanuit die oogpunt van

erkenning dat apartheid swart mense benadeel het, is dit onvermydelik dat so ʼn aksie

wel moes gebeur. Onder die mede-navorsers is dit egter nie ʼn eenvoudige saak nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!