25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p4

Nie al die mede-navorsers sal saamstem met wat Müller sê en hoe hy hom daaroor

uitdruk nie, en dit was ook nooit die bedoeling dat almal dieselfde moet dink of praat

nie. Die navorsing was ook nie bedoel om 'n terapeutiese ingryp te wees nie, maar tog

ook nie sonder terapeutiese waarde nie. Tydens die eerste groepsbyeenkoms stel ek

dit so aan die mede-navorsers: Ek wil hê dat ons ...mekaar moet begelei

om beter aan te pas, om 'n meer suksesvolle deelname aan die

nuwe SA te kan hê [Albert 1-025]. Die deelnemers word eintlik mede-skrywers van

die finale produk “and it is the recognition of this that can make therapy more of a

collaborative learning program" (Steier 1991:170). Hierin sluit ek aan by Anderson en

Goolishian (1988:381) as hulle die doel van terapie só verwoord:

The goal of therapy is to participate in a conversation that continually

loosens and opens up, rather than constricts and closes down.

Through therapeutic conversations, fixed meanings and behaviours...

are given room, broadened, shifted, and changed.

Die bedoeling was nooit dat die navorsing alleen maar moet uitloop in 'n verslag waarin

daar dan waarde ontsluit word nie. Die aanvanklike deelnemers (mede-navorsers)

moes reeds waarde put uit hulle deelname aan die proses (Müller, Van Deventer en

Human 2001). Ek verduidelik dit in die eerste gesprek só aan die groep:

...as iemand 'n proefskrif skryf, in watter

studierigting ook al, dan is die waarde waarvan

gewoonlik eers na die tyd. Hy kry 'n klomp mense, hy

stuur vraelyste uit, hy versamel inligting en

evalueer dit en so meer. En dan publiseer hy 'n

artikel of 'n proefskrif en die waarde kom eers na

die tyd. Die mense met wie hy in die proses die pad

geloop het, hulle het nie op daardie stadium die

waarde daaruit gekry nie. En dit is wat hierdie

groep anders maak. Dit is my verklaarde uitgangspunt

dat hier in hierdie groep iets moet gebeur. Dit

moet vir die mense wat hier is aangenaam wees om

hier te wees in die eerste plek, maar daar moet ook

waarde wees om hier te wees. En ek hoop dit is wat

gaan gebeur. Ek hoop werklik dat ons mekaar se hande

kan vat en die pad kan makliker maak vorentoe

[Albert 1-127].

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!