25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 10: Opvolggesprek met Mike en Naomi

p597

403

404

405

406

407

408

409

410

411

412

413

414

415

416

417

418

419

420

421

422

423

424

425

426

427

428

429

430

431

432

433

434

435

436

437

438

439

Mike: Dis wat ek nou eintlik na toe gaan. Was dit ons as gemiddelde mens wat hulle

terug gehou het of was dit wetgewing.

Albert: Ja, maar ons het gestem vir daardie ouens wat die wetgewing moes

instandhou.

Mike: Met ander woorde jy kan nie sê ek staan onskuldig van die hele besluit rondom

die politiek nie, want ek het daardie mense in mag gehou. Met ander woorde jy kan

nou omdraai en sê gedurende daardie tyd was daar derduisende mense wat

professore geword het, swartes, ander kleuriges, wat dokters geword het, wat

onmiddellik na die regering verander het… toe is daar skielik professore en mense wat

dadelik in magsposisies sit. Hulle het die hele regering vervang met ministers en goed

wat grade en dit gehad het. Hulle het nog steeds die geleenthede gehad om dit te

doen. Wie het vir hulle gehelp om dit te doen? Dit is my vraag. Ek ken boere mense

wat ’n hele gesin… Die vriend van my wat ons van praat, hy het drie broers en al drie

van hulle het professies. Een is ’n minister vandag, ander een is ingenieur en ander

een is hoof van veiligheid. ’n Groot pos. Daardie drie is gestuur om te gaan leer deur

die boer. Die boer het hul gestuur. Dit is geïsoleerde gevalle. As jy as boer, of as jy as

mens, kon nie die hele land help nie. Jy kon net die bietjie doen wat jy wil. Waaroor ons

jammer oor behoort te wees, is nie dat ons nou vreeslik droog gemaak ons het, hulle

nou afgeskeep en alles nie. Wat ons jammer behoort te wees oor is wanneer ons ’n

regering ondersteun het wat volgens ons Christelike beginsels nie reg gemaak het nie.

Dis moes ons gestop het.

Naomi: Ek stem heeltemal saam. Jy was onder die keiser gewees en wat die keiser

gesê het, moes jy doen. Dis wat die Bybel sê gee die keiser wat hom toekom. So

wetgewing het vir ons ’n riglyn gegee. So wat sou jy as individu – wat nie indruk sal

maak in ’n regeringsgebied of in ’n parlement nie – wat sou my stemmetjie kon maak

as ek gesê maar ek stem nie saam nie. Daar was miljoene ander wat teen my sou

gestem het.

Albert: Hoekom? Was dit omdat dit vir hul voordelig was of omdat hulle nie verder

gedink het daaroor nie? Hoekom het wit mense aangehou vir amper 50 jaar vir die

Nasionale Party te stem?

Mike: Want dit was lekker. Want jy hoef nie te geworry het oor daai kompetisie nie. En

dit is hoe ek voel. Ons het die voordeel daaruit geskep. Net soos die nuwe regering

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!