25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p279

Johan Swarts (2012:elektroniese bron) vat dit goed saam as hy sy artikel oor Afrikanerwees

afsluit met hierdie woorde: “Jy kan nie jouself losmaak van iets waaruit jy steeds

baat nie.” En Barnard-Naudé (2011b:elektroniese bron) skryf: “As ons ophou om so

met ’n witbroodbakkery onder die arm te kla sal die derduisende apartheidbenadeeldes

dalk minder die bliksem in wees vir ons; rede het hulle wel.”

4.4 “Vreemdelinge, selfs vyande”

Apartheid se nalatenskap lê nie net op die terrein van die materiële soos hierbo

bespreek nie. Die denkraamwerke van apartheid het nie in 1994 spontaan opgehou

bestaan nie. Die een kernsaak is hoe Suid-Afrikaners na mekaar kyk: Is dit al moontlik

om dit sonder die ras-bril te doen?

Raubenheimer (1998:6) skryf: “Daar het dinge in ons geskiedenis gebeur wat

veroorsaak het dat baie mense in ons land vandag vir mekaar vreemdelinge is, en in

sommige gevalle selfs vyande.” Hierbo is gewys op Annelie Botes wat steeds swart

mense as vreemdelinge ervaar. Genadiglik het die “racialised civil conflicts and

bloodbaths” soos in Rwanda nie hier gebeur nie, maar “South African society today

remains profoundly racialised, even though not legally so” (Stevens, Swart & Franchi

2006:9).

Die probleem met rassisme is dat dit wat raakgesien word, dikwels bloot die oortjies

van die seekoei is; onderliggend is daar baie meer rassisme as wat besef word. So

ontken Danie [4-062] enige rassisme van sy kant: ek het nooit gepraat van ʼn

"kaffer" nie, ek het nooit sleg gepraat van die ander persoon,

van die anderskleurige nie. Mike [2-658] sê hieroor Ek voel nie skuldig

as ʼn rassis nie, want ek het nooit hulle gehaat of benadeel nie.

Die rasionaal hieragter is blykbaar dat indien jy nie self swart mense anders behandel

as wit mense nie, is jy nie ʼn rassis nie.

Voorbeelde van blatante rassisme is volop. Hanlie [2-530] herroep twee voorvalle in

een week waarby sy betrokke was. Veral in die kommentare op elektroniese koerantberigte

word erge rassistiese opmerkings agter skuilname versteek. So reageer

Albertus (skuilnaam) op ʼn berig van Pretorius (2011:elektroniese bron) en verwys na

die ANC-woordvoerder meneer Jackson Mthembu as ʼn “tuinjong” wat niks van “politiek

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!