25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p253

einde van Junie 2012. Enige gebeure na hierdie datum moes ongelukkig buite rekening

gelaat word, soos byvoorbeeld die boek Belhar geweeg (Theron 2012). In hierdie

verband sou énige afsnypunt kunsmatig wees omdat, in aansluiting by die narratiewe

aard van hierdie navorsing, ending eintlik geen einde is nie; ending dui net op die

verslag en nie op die lewe self nie.

1.1 Wat behels ʼn “ending”?

Oor ending skryf Lamott (1995:62):

You move them [the characters] along until everything comes together

in the climax, after which things are different for the main characters,

different in some real way. And then there is the ending: what is our

sense of who these people are now, what are they left with, what

happened, and what did it mean?

Dit is waar hierdie verslag nou is. Die karakters, die mede-navorsers, se verhale is

vertel, twee keer; eers die verhaal van 1998 en daarna die verhaal van 2012. In die

vorige hoofstuk is die klimaks bereik; die siening van die mede-navorsers is op skrif

gestel in die lig van ander rolspelers se posisies. Wat oorbly is om te vra waar hulle

nou is, wat met hulle gebeur het en wat die betekenis daarvan is (Müller, Van Deventer

& Human 2001:94). Hierdie hoofstuk sluit dus weer aan by hoofstuk een waar die

navorsingsprobleem gestel is: Hoe leef wit Afrikaanse Christene in die post-apartheid

Suid-Afrika, gegewe hulle spesifieke verlede ten opsigte van apartheid? Aan die einde

van die navorsing is die vraag onvermydelik of daar enige waarde in die proses was, of

daar by die mede-navorsers bepaalde skuiwe gekom het of nie. Hieroor skryf Müller

(2000b:elektroniese bron):

Therapy is like any other story, bound to have an ending somewhere.

Hopefully the end will be happy, but in any case, there will be an end

that’s different from the beginning. In that sense the end will always be

better than the start. It provides a new, although not always pleasant,

perspective.

Enige terapeut wil graag hê dat die kliënt aan die einde op ʼn beter plek moet wees as

aan die begin. In ʼn navorsingsprojek soos hierdie is dit dieselfde. As daar nie sigbare

vordering is nie, laat dit heelwat vrae. Lamott (1995:178) verduidelik dit so: “The

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!