25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p171

ontmoet. Ek stap na die diens na hulle om hulle te verwelkom en om haar te vra oor

haar deelname aan die navorsingsprojek. Dit was egter nie die einde van die saak nie:

later deur die week het 'n kerkraadslid my kom sien,

en hy was onder andere baie ongelukkig daaroor

gewees, hy en 'n klompie van die ander kerkraadslede,

dat ek afgegaan het en hulle met die hand gaan

groet het en verwelkom het in die kerk [Albert 6-628].

In reaksie op die verhaal sê Ben [6-671] dit reguit: Hier is nog baie mense in

ons gemeente wat nie gelukkig is om te sê dit was verkeerd nie,

hulle het allerhande redenasies en die Bybel, hulle praat nou

meer van die Ou Testament. Aan die einde van die aanvanklike navorsing, in die

laaste gesprek, vra ek steeds die vraag: Ek wonder hoeveel van ons lidmate

gaan hulle daarmee identifiseer [Albert 8-485].

Horn (1994:28) kan nou wel sê dat daar niemand is wat steun aan apartheid sal erken

nie, maar hy hou duidelik nie rekening met mense soos Gertenbach nie. Jare vroeër

reeds het Gertenbach (1985:5) ontken dat daar enigsins ʼn probleem is waaroor skuld

bely moet word nie. Jare later sou hy wel effens toegee dat daar wel moontlik

“individuele lidmate” kon wees wat tereggewys moet word, “wat gefouteer het, al was

dit in goeie trou... Maar vir gemeentes, ringe en sinodes om kollektief op te tree en

namens onskuldiges belydenis te doen? Nooit!” (Gertenbach 1998:5). In hierdie

standpunt sluit Gertenbach aan by Pieter Potgieter (1995:6) wat beklemtoon dat die

kerk “nie namens ander skuld bely nie,” elkeen moet maar vir homself skuld bely.

Sodra skuldbelydenis gepaardgaan met ʼn verduideliking, kom die belydenis self in

gedrang. Elsa [6-489] sê: As mens nou hierdie stukkie lees oor die

kerk, dan kry ek die idee, hulle sê nou hier hulle is jammer oor

goeters, maar daar kom elke keer die "maar" by. Hierdie selfde gedagte

vorm ook die basis vir Retief (1998:15) se artikel met die beskrywende titel: As mens

sê hy's jammer, dan is daar geen 'ja, máár...' nie.

Rose [7-583] se reaksie op die NG Kerk se skuldbelydenis is eenvoudig:

dis nou hoog tyd. Ek gaan nou baie eerlik wees: Dit

is hoog tyd, hulle begin darem seker nou Christene

raak.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!