25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p36

noodwendig tot relativisme sal lei. Fourie (2008:74) probeer hierdie kritiek beantwoord

as hy sê: “Hierdie perspektief sou as modernisties getipeer kon word waar die

waarheid tot ʼn enkele model beperk word. Postmoderne perspektiewe bevraagteken

nie noodwendig die Bybel of die Teologie nie.” Of dit 'n genoegsame antwoord is, is vir

my 'n vraag. Hy is egter reg as hy aanvoer: “Die postmoderniteit verbreed gewoon die

basis en werkswyse deur te sê dat daar meer as een model vir die hermeneutiek is. Dit

geld vir die Bybel as kenbron van die praktiese teologie sowel as vir die interpretasie

van mense se lewensverhale en die sosiale konteks”, maar sy beredenering van die

kwessie is nie oortuigend nie. Dit sal dus nodig wees om later weer terug te keer tot die

kwessie van relativisme as Müller (2005) se postfoundationalism-benadering tot die

praktiese teologie bespreek word.

Die postmoderne epistemologie verteenwoordig 'n wegbeweeg van die modernisme af

en “no longer accept(s) the story that science tells to legitimate itself...” (Vanhoozer

2003:10). Dis 'n wegbeweeg van “...the authority of universal science towards

narratives of local knowledge” (Vanhoozer 2003:11). Die postmoderne navorser luister

nie net na die “gewone” stemme nie, maar veral ook na die verhale van diegene wat

nie tevore gehoor is nie (Dreyer 2006:1319), omdat die postmoderne epistemologie

werk met 'n sosiale konstruksie diskoers.

9.2.1 Sosiale konstruksie diskoers

Die ontstaan van sosiaal-konstruksionisme kan teruggevoer word na die baanbrekerswerk

wat Berger en Luckmann (1966) gedoen het met hulle boek The social

construction of reality. In aansluiting hierby beskryf Gergen (1985:266) die beweging as

volg: “Social constructionist inquiry is principally concerned with explaining the

processes by which people come to describe, explain, or otherwise account for the

world (including themselves) in which they live.”

'n Sosiaal konstruksie diskoers is 'n sisteem of stelsel waarvolgens mense struktuur en

betekenis aan hulle lewe gee (De Lange 2004:38). Fourie (2008:81) brei hierop uit:

“Hierdie stelsels kan bestaan uit metafore, beelde, aanbiedings, reëls, verhale en

watter ander woorde of rituele ook al nodig mag wees. Diskoers verwoord die

algemene praktyke waarvolgens die gemeenskap gerig word.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!