25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p282

4.5 Wit

ʼn Verdere nalatenskap wat wit Afrikaanse Christene moet hanteer is die kwessie van

wit-wees in post-apartheid Suid-Afrika. Wit-wees is nie maar net ʼn neutrale beskrywing

nie. Vroeër is dit, dalk onbewustelik, geassosieer met mag en bevoorregting.

Krog (2005:299) se swart vriendin Ghangha van Bloemfontein gee ‘n

helder definisie: “Ek praat nie net van vel nie: ‘wit’ is ‘n ingesteldheid, ‘n

lewesbeskouing. Witheid is deurlopend: dis nie maar net in die manier

waarop jy loop en beduie nie, in jou woorde en gedagtes nie, dit het ook

te make met selfvertroue, met waar jy begin. Met uitsluiting. Met die

veronderstelling dat jou manier om ‘n land te regeer die beste is, dat jou

definisie van ‘n stad, en wat jy nodig het om gelukkig te wees in ‘n stad

om dit jou stad te noem, die enigste is.”

Na 1994 het hierdie posisie dramaties verander. Wit Afrikaners kan nie as postapartheid

Suid-Afrikaners leef en steeds vasklou aan ʼn vergange tyd nie. Verskillende

navorsers het die saak al uit verskillende hoeke benader. Davies (2007:353) wys op

navorsing wat praat van “a bleak future for Afrikanerdom subjugated beneath a state

dominated by the ANC government and broadly aligned against Afrikaner interests.”

Puttergill (2008) se ondersoek kom tot die gevolgtrekking dat ras nog steeds ʼn

kernfaktor in die bepaling van identiteit is, terwyl Wicomb (2008) poog om met

dekonstruksie van die verlede ʼn nuwe toekoms vir die Afrikaner te bou. Truscott

(2011:102) praat van die “national melancholia” onder wit mense en sê: “The loss of

apartheid as an ideal was, for Afrikaners, a narcissistic blow.”

Oor die ongemaklikheid van selfondersoek skryf Snyman (2008:423):

The challenge of white identity in Africa is to become aware of the role

of whiteness in terms of the use of power, or, to become attentive as to

how race functions ... Nonetheless, to look whiteness squarely in the

eyes is an extremely embarrassing and uncomfortable process when

whiteness is equated with a perpetrator culture.

ʼn Gesprek oor wit wees in post-apartheid Suid-Afrika is ʼn gesprek oor die

“unacknowledged elephant in the room” (Vice 2010:324). Dis ʼn onvermydelike

ongemaklikheid; iewers moet individue en gemeenskappe hieroor praat. Daar is reeds

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!