25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p265

hy van die “perpetrators”, “the programmed killers who have spoken... of the terrible

things they did, to ensure the safety of the proverbial enclave of 'European civilization'

perched precariously at the Cape of Good Hope” (Mbeki 1999:elektroniese bron). Dit

gaan egter nie net oor hierdie mense nie en daarom gaan Mbeki voort: “Any attempt to

insulate or isolate the more narrowly defined work of the TRC from this larger setting

will inevitably defeat the very purposes for which the TRC was established.” In hierdie

belangrike stelling beklemtoon hy dat die WVK eintlik gedoem was tot mislukking wat

die meerderheid wit mense aanbetref juis omdat dit so skerp afgestem was op die

menseregte vergrype en nie die algemene klimaat en denke waarbinne dit plaasgevind

het nie. Neville Alexander (aangehaal in Hamilton, Huntley, Alexander, Guimaraes &

James 2001:478) erken die WVK het ʼn stem aan die “voiceless masses” gegee, maar

wat hy noem die “deep level issues”, was “hardly touched.”

Gerloff (1998:35) skryf oor haar besoek aan Suid-Afrika ten tye van die WVKondersoek

en van haar gesprekke “with whites entirely ignorant, if not demeaning, of

the plight of their fellow-citizens.” Sy haal ook studente aan wat in 1996 die land

besoek het: “One of the biggest problems is that the white people don’t think they’ve

done anything wrong” en “They are totally disconnected from history. They make the

assumption that everyone is equal as of this moment; so policies should be set that

assume we’re all on the same plane” (Gerloff 1998:36). Krog (1998a:3) onderstreep

hierdie standpunt as sy skryf oor “Afrikaner intellectuals” wat oor die WVK debatteer en

dan vra: “So how bad could Apartheid have been?”

ʼn Dekade later word presies dieselfde diskoers nog gevoer. In hoofstuk vier is reeds as

voorbeeld hiervan gewys op die rassistiese briewe wat wit mense voorhou as alles wat

goed en eerbaar en reg is, en die swart mense as alles wat sleg en onontwikkeld is

(Boerevryheid 2008:elektroniese bron). Ook Jansen (Johns 2009:1) verwys hierna as

hy vertel van die Reitz-vier: “They asked me with tears what they had done wrong.”

Ook die krieketafrigter Vincent Barnes (aangehaal in Fisher 2007:97) verwys hierna as

hy sê “The majority of South Africans are living their lives in much the same way as

they did under apartheid.”

Die voorsitter van die Menseregte-kommissie, Jody Kollapen verwys na die WVKproses

wat bepaalde "fundamental faults" in sy werk gehad het: "The TRC did not

create sufficient space for the ordinary South African to reflect...” (aangehaal in

Kassiem 2008:1). Die WVK, en alles wat sedert 1994 in Suid-Afrika gebeur het, het

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!