25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p296

Verskillende redes word aangevoer vir die verwerping van Belhar. In hoofstuk vier is

reeds gewys op Strauss (2005:560) wat aanvoer dat Belhar nie gaan oor

“kernwaarhede van die Bybel” nie, maar slegs oor “periferiese morele waardes”. Daar

is ook aangetoon hoedat Hartney (2011:elektroniese bron) hierdie standpunt weerlê.

Ongeag die standpunte van die akademici, is die beswaar van lidmate veral

gekonsentreer op die sogenaamde politieke bagasie van Belhar. Wanneer oudgeneraal

Johan van der Merwe, gewese polisiekommissaris, ʼn vyftien bladsy lange

memorandum aan die dagbestuur van die moderamen van die NG Kerk se Algemene

Sinode stuur, is sy beswaar nie teologies nie, maar voer hy aan dat die belydenis

gehelp het “om die geweld en terreur, asook kerkleiers se betrokkenheid daarby, te

regverdig” (Jackson 2012a:elektroniese bron). Van der Merwe ondersoek nie die

meriete van Belhar nie, maar bevraagteken die motiewe van diegene wat ʼn rol gespeel

het in die ontstaan van die belydenis. “Volgens hom het Boesak met verborge agendas

gewerk en kerklike vergaderings gemanipuleer om apartheid tot sonde te verklaar,

waarna Belhar opgestel en aanvaar is” (Jackson 2012a:elektroniese bron). Hierop

antwoord Botman (aangehaal in Jackson 2012b:elektroniese bron): “as Belhar politieke

bagasie gehad het, sou gereformeerde kerke in die VSA en Europa dit nie kon aanvaar

nie.” Nog ʼn prominente figuur uit die apartheidsdae, oud-generaal Constant Viljoen,

waarsku dat Belhar tot skeuring in die NG Kerk kan lei en dat die NG Kerk baie goeie

lidmate gaan verloor, want die leierskorps is besig om onder die lidmate “uit te

hardloop” (Ley 2012:elektroniese bron).

Dit wil vir my voorkom asof die NG Kerk in 1982 en 1986 so onkant betrap is met die

status confessionis van die destydse NG Sendingkerk dat ʼn tipe “knee jurk” reaksie

plaasgevind het. In die proses is die Belydenis verdag gemaak deur dit te koppel aan

persone wat in die wit gemeenskap ongewild was vanweë hulle anti-apartheid

uitsprake. Hier dink ek veral aan iemand soos dr. Allan Boesak. Met verloop van tyd

het daar ʼn nugterheid ingetree en kon die NG Kerk aanvanklik die inhoud van Belhar

goedkeur en by die afgelope 2011 Algemene Sinode ook besluit om die kerkordelike

pad te loop om die Belydenis amptelik deel van die Kerk se belydenisgrondslag te

maak. Die probleem is nou egter dat die verdagmakery van die Belhar

Belydenis in lidmate se gedagtes vassteek. Hieroor berig Van der Merwe

(2011:elektroniese bron):

Prof. Fanie Snyman, dosent in Ou- Testamentiese wetenskap aan die

Universiteit van die Vrystaat (UV), het in sy kommentaar op die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!