25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1998)

p467

476

477

478

479

480

481

482

483

484

485

486

487

488

489

490

491

492

493

494

495

496

497

498

499

500

501

502

503

504

505

506

507

508

509

510

511

512

Hanlie: Ek volg nie vanaand so lekker jou gedagtegang nie. Ons praat 'n bietjie so.

(beduie deurmekaar).

Danie: Hanlie is vanaand haastig.

Elsa: Jy wil weet wat daar agter sit, Albert, en dat ons elkeen ook ons eie denke gehad

het. Maar ek dink dit is maar ons mense se inherente gierigheid, of boosheid of wat

ook al. Ek meen as jy in 'n bevoorregte posisie is staan jy dit nie sommer so maklik af

vir iemand anders nie. Ons het in ons agterkoppe geweet dit is verkeerd, maar ons het

die bevoorregte posisie gehad. Ons het lekker gelewe, en dié mense het vir ons al die

werk gedoen, en al die voorregte wat daarmee gepaard gaan, hoekom sal ons dit nou

wil afstel dan? Hoekom sal ons dan wil prysgee wat ons het?

Albert: Die eerste aanhalings gaan juis daaroor, oor die goedkoop arbeid, die stryd

tussen die mielieboere en die mynbase. Dan is ons terug by wat Johan vroeër gesê

het: die vrees, die angs, die bedreiging. Destyds was die bedreiging aanvanklik dat ons

Westerse beskawing in SA oorspoel sou word deur swart mense. Later van tyd het ons

gedink dat as ons sou ingee of verander, dan verloor ons dit wat ons het. Ek hoor nog

steeds by baie van ons witmense dat ons nog steeds nie wil saamstem nie en sê daar

was ook iets verkeerd nie.

Johan: Ek wil nog steeds sê, jy het my nou aan die lees. Boeke wat ek nie wil lees nie,

ek is veronderstel om te studeer. Ek het 'n boek gelees "Verwoerd aan die woord", wat

my Broederbond oupa lank terug vir my gegee het, wat al sy toesprake van 1948 tot

'62 in het. Daai man het nie sleg bedoel met apartheid nie, nêrens is daar gesê hulle is

so sleg of so nie. Dit was vir die behoud van Suid-Afrikaner gewees wat self deur die

tweede vryheidsoorlog is, wat deur die depressie is, wat gewerk het vir wat hy geword

het. Wat nie hand-outs gevra het nie. Hy het nooit sleg bedoel nie, die sleg het later

gekom. Dis 'n ander ding wat ek wil sê, het iemand al ooit – ek het dit nog nie hier

gehoor nie – die invloed van die kommunisme op ons beeld van dat apartheid so sleg

is, gaan bepaal. As ons nou vat dat kommunisme deur die duiwel geïnspireer is …

Danie: En die Amerikaners …

Hanlie: Ek wil jou dadelik opponeer, die suiwer kommunistiese filosofie is vir my

heeltemal aanvaarbaar.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!