25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p189

hierdie verband het die TV-reeks 7de laan 28 waarskynlik meer gedoen as baie ander

om die verskillende rasse aan mekaar bekend te stel.

Al is apartheid as beleid iets van die verlede, is dit beslis nie dood nie.

Hieroor skryf die Christen-joernalis Linda Martindale amper tien jaar

gelede: “Apartheid, the legal system, fell. Yet the spirit of apartheid, and

its consequences, still lives on. The struggle continues for equality,

dignity, and economic justice – not only in the halls of parliament, but on

the streets of the townships where the aftershocks of decades of

injustice and exploitation are still felt on a daily basis” (Martindale

2003:elektroniese bron). Sommige mense leef in 2012 steeds asof 1994

nooit gebeur het nie.

Hanlie [12-479] maak ʼn punt daarvan dat wit mense meer moeite moet doen om die

twee wêrelde nader aan mekaar te bring en meer moet waag ter wille

van ons kinders [Hanlie 12-430]. En tog erken sy: Ek was nog seker net

drie keer in Thabong in my lewe en dit was saam met ander

onderwysers om vergaderings daar by te woon of begrafnis daar te

gaan bywoon. Ek was nog nooit op my eie daar nie [Hanlie 12-438].

Sonder ʼn doelbewuste poging gaan hierdie soort blootstelling nie gebeur nie.

Wat wel gebeur is dat die blootstelling by die werk en in die openbare lewe dramaties

vermeerder het. Deur die bank vertel die mede-navorsers dat hulle nou nog meer as in

1998 skouers skuur met swart kollegas en amptenare. Hierdie kontak word oorwegend

as positief aangeteken. George [15-037] vertel van sy swart kollegas wat geleidelik

deel van sy werkswêreld geword het. Ten tye van sy aftrede het hy oorwegend met

swart skole [George 15-018] gewerk. George [15-077] vertel dat hy goeie

verhoudings het met swart kollegas, selfs met die skoonmaker, iets wat in die ou

bedeling nie sou gebeur het nie [George 15-099]. Die beste van alle sê hy: Dit is

ʼn ding wat spontaan gebeur het, dit was nie gedwonge nie [George

15-107].

28 7de laan is ʼn Afrikaanse TV-sepie wat reeds sedert 4 April 2000 uitgesaai word. Die program met

akteurs van verskillende rasse is oorwegend Afrikaans, maar Engels en van die Afrikatale word ook

gebruik saam met vertaalde onderskrifte. Die program word gekenmerk deur die gemaklike interaksie

tussen persone van verskillende rasse. In 2007 het 60% van Afrikaanssprekendes ingeskakel op die

program. Ongeveer 42% van die kykers is swart (Blaauw 2007).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!