25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p26

Engelse kerke gehad het met die welvarende deel van die gemeenskap: “In so far as

apartheid was as much about protecting the material interests of whites, this ‘bias’

toward the wealthy is also a kind of legitimisation” (TRC 1998b:25). Hierdie legitimering

van apartheid het gebeur omdat "the English-speaking churches have... refused to

contradict the dominant social order or reject the legitimacy of the state; thus they find

themselves trapped in apartheid" Villa-Vicencio (1988:6).

Met die longitudinale aard van die navorsing wil ek aantoon in watter opsigte en in

watter mate die houdings van lidmate rakende ’n aantal kern-kwessies moontlik

verskuif het oor die afgelope veertien jaar. Dit kan dalk ’n aanduiding gee van

moontlike tendense in die toekoms. Ek wil ook aantoon watter faktore ’n rol gespeel het

in die moontlike verskuiwing van posisies. Ek meen dat die dokumentering van hierdie

navorsing bepaalde betekenisvolle pastoraal terapeutiese aksente na vore sal bring

wat ook ’n bydrae sal lewer vir bepaalde bedieninge in die NG Kerk.

Dit was van die begin af my uitgangspunt dat die navorsingsproses nie maar bloot die

dokumentering van bepaalde mense se narratiewe moes wees nie, maar dat hulle

inderdaad ook uitgedaag moes word om hierdie narratiewe te ondersoek en te orden

en dat die proses sou bydra om dit verder te ontwikkel.

Ten einde die leser te help om die navorsing ten beste te verstaan, word daar in die

volgende afdeling aandag gegee aan die paradigma waarteen die navorsing afspeel.

Daar word ook gekyk na die epistemologie en metodologie van die navorsing.

9. Paradigma, epistemologie en metodologie

In hierdie afdeling verduidelik ek my eie posisie ten opsigte van die paradigma

waarbinne hierdie navorsing gedoen word. Die epistemologiese raamwerk word

uiteengesit en ek bespreek die metodologie wat gevolg is.

9.1 Paradigma

Vir enigeen wat hom- of haarself wil uitlaat oor die praktiese teologie is dit inderdaad 'n

bevrydende woord wat Ganzevoort (2009:1) laat hoor wanneer hy sê: “I remember

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!