25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 3: Gesprek 3 (27 Augustus 1998)

p446

657

658

659

660

661

662

663

664

665

666

667

668

669

670

671

672

673

674

675

676

677

678

679

680

681

682

683

684

685

686

687

688

689

690

691

692

Mike: Dit is presies wat ek sê. Ons het apartheid mee weggedoen, maar rassisme

doen jy nie mee weg deur wetgewing of wat ook al nie. Rassisme moet van binne af

regkom, hopelik deur geloof en geestelike verandering.

Johan: Rassisme soos in haat. Maar wat word van die kwessie van groepe?

Mike: Apartheid wat geforseer was, as wetgewing. Want ons voel dit hoort nie meer

nie. Maar selfgekose apartheid, is my eie keuse. As ek wil nie saam met jou kuier nie,

is dit my keuse, en dit gaan nie oor of jy swart of wit is nie.

Albert: 'n Skemerpartytjie, wat gebeur daar? Die mans staan op een plek en gesels

rugby, die vrouens staan op 'n ander plek en praat, ek weet nie waaroor nie, maar hulle

praat oor iets. Maar as die gasheer sê vrouens móét daai kant, mans móét daai kant,

julle mag nie meng nie. Dis die dilemma.

Mike: As ons kyk na die Engelse woord vir apartheid – want hulle kon nog nooit 'n

Engelse woord vir hom kry nie omdat die Engelse nie wou glo dat hulle ooit iets met

apartheid te make gehad het nie – die regte Engelse woord was separation. Separation

van mense het niks te doen met die woord apartheid nie. Apartheid was 'n instelling

deur 'n Staatsdepartement. Dis hoekom daar nooit 'n Engelse woord vir apartheid was

nie. Gaan kyk maar in die Engelse koerante. Hulle praat maar van Apartheid – en dan

spel hulle dit nog verkeerd ook. Ek het niks teen Engels nie, ek het Engelse in my

familie, so moet my nie verkeerd verstaan nie. Apartheid was 'n vloekwoord wat op die

blanke Suid-Afrikaner geplaas was as gevolg van wette. Dis 'n totale ander issue as die

swart mense wat uit die kerk uitgejaag was, daai swart dame, omdat die mense daar

gedink het sy stink, en 'n swarte hoort nie in daai kerk nie. Of was sy uitgejaag omdat

daai kerk, en die wetgewing van daai kerk was dat swartes nie in daai kerk mag kom

nie.

Hanlie: Natuurlik was dit laasgenoemde.

Mike: As die dominee sê in my kerk kom nie swartes nie.

Elsa: Al is die wetgewing nie meer so nie, is daar nou nog mense wat uit die kerk uit

loop en sê swart mense hoort nie in die kerk nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!