25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p294

nie. Na die WVK proses is sodanige ontkenning nie meer moontlik nie. Wat wel waar

is, is dat wit mense nou bemagtig is om iets daaromtrent te doen. Mike [10-253] se

verweer dat wetgewing hom beperk het in sy optrede teenoor swart mense is nou nie

meer geldig nie. Dis egter ʼn ope vraag of sy gedrag gaan verander.

As die NG Kerk ʼn positiewe bydrae wil lewer tot versoening in die land, sal ʼn paar

dinge moet gebeur. Die NG Kerk sal ten alle koste moet vermy om weer laer te trek in

ʼn eksklusiewe wit enklawe (Cilliers 2011:elektroniese bron). Daarby sal die NG Kerk

die teoretiese skuldbelydenisse van die verlede, soos in Kerk en Samelewing, konkrete

gestalte moet gee in die lewens van lidmate. ʼn Belangrike aspek hiervan is om wit

lidmate te oortuig van hulle bevoordeling in die ou bedeling en om hulle te help om

korrek hierop te reageer. Vir Christene wat leef vanuit God se vergifnis in Jesus

Christus, behoort dit nie ʼn probleem te wees om hieroor skuld te bely nie.

7. Skulderkenning

Dit het die NG Kerk baie lank geneem om te erken dat die beleid van apartheid, wat die

Kerk teologies gesteun het, verkeerd was. Dit was eers in 1986 en 1990 dat die NG

Kerk die moed gehad het om dit amptelik te bely. ʼn Groot aantal lidmate was dit egter

nie eens met die Algemene Sinode nie en het die NG Kerk verlaat, of agtergebly en in

stilte onttrek. In sy beoordeling van Kerk en Samelewing 1986 skryf Strauss (2011:517)

dat die negatiewe daarvan “sy onvermoë [was] om die hele NG Kerk met hom saam te

neem.”

Sedert 1986 het die NG Kerk nie genoeg gedoen om lidmate te oortuig dat apartheid

verkeerd is nie. Krog (2003:247) beweer die NG Kerk was “consumed by problems of

survival” eerder as om lidmate te begelei oor skuld oor apartheid:

Was there debates in the church about the extend of accountability, of

collective guilt, of shame? Was there discussions about what

forgiveness entails, reconciliation? If indeed it happened, the country

heard very little of it in public. The language of accountability and

forgiveness was not formed in such a way that church members could

learn to take it on their tongues.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!