25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p65

white people, and least of all to Europeans."

In die stede was daar voor 1948 aparte skole en woonbuurte en die toestromingsbeheer

en paswette het swart mense in die stede tot ʼn minimum probeer beperk

(Giliomee 1998:14). En tog beskryf Piet Cillié, oud-redakteur van Die Burger, dit as "’n

tyd van relatiewe goeie en gemaklike rasseverhoudings" (aangehaal in Giliomee

1998:13). In daardie tyd was die onderdrukking van swart mense nie die fokus nie.

Die ondersoekende joernalis Malan (1990:23), wie se ouma se niggie met dr. D.F.

Malan getroud was, beskryf dit so: "(in) the twenties and thirties, race wasn't the central

issue in South African politics. Afrikaners... were less concerned about keeping the

blacks in their place than tearing down the Union Jack, resurrecting the lost Boer

republics, and uplifting the volk from its poor white penury".

ʼn Ander dominante faktor in die totstandkoming van die beleid van apartheid, was die

Europese idee van rasse-meerderwaardigheid. Gedurende die sewentiende en

agtiende eeue het die fenomeen van rassisme toegeneem in die Westerse wêreld

omdat nuwe teorieë vir die regverdiging van ras-meerderwaardigheid of

minderwaardigheid nodig was om te dien as basis vir kolonialisme en slawerny (Vorster

1981:17). “Mind control was used during the colonial period in Africa to advance

colonial interests and to oppress people. One such tool of mental control was the myth

that the white people were intellectually and even physically superior to black people”

(Kasenene 1993:58). De Vos Hugo (1946:39) argumenteer op dieselfde trant as hy nog

voor die tyd van apartheid sê “black people’s cultural backward position make them

unqualified for equal joint authority… tutelage is the only practical possible line of

conduct.”

Die idee van meerderwaardigheid as motivering is reeds te vind by die boere wat by

die Groot Trek betrokke was. Uit die dagboek van Anna Steenkamp (Steenkamp

1843:elektroniese bron), ʼn niggie van die Voortrekkerleier Piet Retief, leer ons dat dit

nie so seer die vrymaking van die swart slawe as sulks was wat die Voortrekkers

gedring het om te trek nie, maar die gelykstelling van swart voormalige slawe met die

wit boere. Sy skryf van:

De schandelike en onrechtvaardige handelwijze met betrekking tot de

vrijheid onzer slaven, en nochtans heeft die vrijheid ons niet zozeer

verdreven als hunne gelijkstelling met de Kristenen, strijdig met de

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!