25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p308

Dit is by Krog (1998a:109) waar ek die eerste keer die storie van die gesteelde fiets

gehoor het. Sy dig dit toe aan Vader Mxolisi Mpambani wat dit tydens ʼn etensuur

byeenkoms vertel. ʼn Seun steel ʼn ander een se fiets. ʼn Jaar later gaan die dief na die

ander seun en vra vir versoening. Hulle moet wat agter lê vergeet en aanbeweeg. “And

what about the bicycle?” vra die seun, waarop die dief antwoord: “No, I am not talking

about the bicycle. I am talking about reconciliation.” Hierdie eenvoudige verhaal

illustreer die absurditeit van so ʼn situasie. Versoening sonder die herstel van die onreg

is ondenkbaar en geen ware versoening nie.

Versoening vir Christene is meer as net die praktiese nood; daar is ook ʼn teologiese

dimensie daaraan. Daarom sê Kgatla (2011:elektroniese bron) “It is a grievous [sin]

mistake to try to short-circuit the process of lasting reconciliation by skipping

restitution… The road to authentic reconciliation goes via restitution – reversal of unjust

enrichment.”

Vir Christene moet enige poging tot herstellende geregtigheid begin by God se

onverklaarbare genade. Hieroor skryf Naudé (2003:141) “Any talk of restorative justice

must therefore begin in the proclamation of God’s gracious non-retributive justice in

Christ who carried South Africa’s past injustices while we were still helpless and wicked

[sy beklemtoning] (Rom 5:6).”

Naudé (2003:142) skryf uitvoerig oor die aard van God se vergifnis en die mens se

reaksie daarop. Hy vertrek van die objektiewe aard van God se vergifnis en dan skryf

hy oor die “impossible possibility” dat ʼn mens God se genade en bevrydende

geregtigheid ontvang het “and then close your heart to structural injustice and to talk

easily about love without deed (ergos) or truth (aletheia).”

Hy antwoord potensiële besware teen sy argument deur aan te sluit by die

Heidelbergse Kategismus Vraag en Antwoord 64 wat vra of so ʼn onverdiende

regverdiging nie sal lei tot onverskilligheid en roekeloosheid nie. Die antwoord van die

kategismus is “Nee, want dit is onmoontlik dat ’n mens wat deur ’n ware geloof in

Christus ingeplant is, nie vrugte van dankbaarheid sal voortbring nie.” (Ned Geref Kerk

1983:147).

Met verwysing na Hebreërs en 1 Johannes voer hy aan “it is from an understanding of

God’s reconciliation in Christ and the Spirit, exemplified in the church, that calls for

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!