25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 8: Gesprek 8 (19 November 1998) p559

587

588

589

590

591

592

593

594

595

596

597

598

599

600

601

602

603

604

605

606

607

608

609

610

611

612

613

614

615

616

617

618

619

620

621

622

623

Frans: Ek dink as Christen het ons eerstens die plig om ons medemens menswaardig

te behandel, ongeag wat die situasie is. Ek het simpatie met wat Mike sê, maar

allereers is jy 'n Christen. As ons maar net 78% Christene in hierdie land was, het ons

dalk nie hierdie probleme gehad nie, of ons het dit dalk makliker hanteer, maar ons is

nie. Maar ons wat hier is, wat dit is, ons moet ons Christelike beginsels en pligte uitleef

ten opsigte van ons medemens.

Johan: Ek sien lig, as mens die tegniek van empatie en terapie gebruik, dan sê die

boeke vir jou empatie beteken niks nie. Dit moet gekommunikeer word, vir my lê die

toekoms daarin. Ons het reeds gesê ons is jammer, ons het reeds gewys, ons weet net

nie eintlik hoe om dit te wys nie. Die sukses van die land vorentoe lê wat my aanbetref

in die manier waarop die swart mense, die ANC gaan reageer teenoor ons. Gaan hy vir

my sê, ja ek erken jou vrese, eerlik, nie lippetaal of op politieke verhoë nie. Ek erken

jou vrese, ek erken jou reg om 'n Afrikaner te wees. As hier sukses moet wees, as hulle

eerlikwaar gaan probeer, dan kan ons saamwerk.

Naomi: Ek sit en dink aan hierdie pad vorentoe, weereens uit my werksopset, ek sit

objektief, ek word nie so geraak as die mense wat nou spesifiek in die klinieke werk

nie. Byvoorbeeld daar is blanke mense uit hulle posisies uitgehaal, nie op vlak nie,

maar uit die werk wat hulle gedoen het, is hulle uitgehaal. Hulle het dit goed gedoen en

swartmense is in hulle plekke ingesit. Hulle het nie die verantwoordelikheid nou wat die

witmense gehad het nie, hulle daag net nie op by die werk nie, blankes is op nagdiens

gesit sodat die swartes daar kan wees vir dagdiens. Daar is nie genoeg mense om die

dagdiens behoorlik te run nie, hulle daag net nie op nie, as die mense op nagdiens

kom is daar net nie 'n verpleegkundige op diens nie, dan moet 'n blanke uitkom en die

nagdiens kom vat, want daar is net nie 'm swarte om dit te doen nie. Daai

verantwoordelikheid het hulle net nie, en hulle skuif dit net af. Ek sit in 'n beroep waar

ons werklik daarmee sit, ek diskrimineer nie teen hulle nie, dis 'n werklikheid waarmee

ons sit. Hulle het net nie die verantwoordelikheid teenoor hulle werk, hulleself en hulle

mense nie. Ek wil sê hulle kry die geld en that’s that.

Mike: Miskien 'n laaste opmerking. Wat ons doen, en hoe ons dit hanteer, maar die

regering se optrede, onthou wanneer jy geletterde mense iets vertel, jy kan vir ons

vertel ons was 'n klomp omdat ons die swartes so slegs behandel het, en ons kan

almal op ons knieë val en alles. As ons van niks beter geweet het nie, of ons eie wil of

idees gehad het nie. Elsa kan vir my sê hoe sy voel en dis haar opinie, maar ek gaan

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!