25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p292

“belewenis van ʼn diep gesetelde Christelike spiritualiteit.” Hy gaan voort:

Vir sommige ouer mense was dié verandering te drasties. Hulle voel

nie meer tuis in die kerk nie. Alles het ‘volksvreemd’ geword en die

‘tradisie’ word verloën. Baie van hulle het al die kerk verlaat en nog

meer sál. Vir veral jonger mense is die kerk se historiese, patriargale

politieke bagasie verstikkend. Boonop is die veranderinge hierbo net

nie ingrypend genoeg om hulle aktief aan die kerklike lewe te laat

deelneem nie.

Dit is dus duidelik dat die uitdaging wat aan die NG Kerk gestel is, groot is. Aan die een

kant is daar die meerderheid van die Kerk se lidmate wat reeds oor die ouderdom van

60 jaar is (Oosthuizen, aangehaal in Leonard 2012:elektroniese bron) en wat in

apartheid grootgeword het. Aan die ander kant is daar die tieners en skoolverlaters,

selfs jong volwassenes, wat post-apartheid leef. En dan is daar ook die ongemaklike

tussen-in groep. Aan al hierdie lidmate moet die NG Kerk leiding gee oor die lewe in

hierdie nuwe Suid-Afrika.

6.3 Die Kerk doen goed

Die indruk word soms geskep dat die NG Kerk net probleme het en nie ook

suksesverhale nie. Dit sou egter onwaar wees. Die Kerk vermag baie meer as wat

algemeen besef word, maar dis gewoonlik in stilte agter die skerms. So byvoorbeeld

vertel Danie Mouton (2008b:12) van die sukses van die NG Kerk Port Elizabeth

Sentraal wat hande gevat het met ʼn Ghanese pastoor en nou ʼn weeklikse erediens vir

Wes-Afrikane aanbied. Barnard Steyn (2008:14) vertel die suksesverhaal van “die

klein-plattelandse dorpie, Pearston” waar gelowiges oor die kleurgrens heen mekaar se

hande vat om mekaar se nood te verlig. Die gedwonge skeiding van apartheid het plek

gemaak vir ʼn nuwe “multi-kulturaliteit”.

In die meer onlangse verlede was dit die leraar van Delmas wat opgestaan het teen ʼn

groep verregse mense wat in die dorp betoog het. Hulle betoging het gevolg na die

moord op ʼn baba en ’n dagmoeder in die dorp (Pretorius & Matipa 2012:elektroniese

bron). Ds. Snyman (2012:elektroniese bron) sê die betogers het die “droom van ’n

Delmas waar regverdigheid en geregtigheid heers en verskillende groepe mekaar respekteer

en lewensruimte gun”, kom vertrap. Verskillende mense, ook kerkleiers

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!