25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bylaag 3: Gesprek 3 (27 Augustus 1998)

p430

72

73

74

75

76

77

78

79

80

81

82

83

84

85

86

87

88

89

90

91

92

93

94

95

96

97

98

99

100

101

102

103

104

105

106

107

108

vrae vra. So ek dink daar is ook weer twee groepe daar wat heeltemal anders gevoel

het oor apartheid. Ek dink die jonger geslag is die wat uiteindelik die ding nou verder

gevat het en gesê het tot hier toe en nie verder nie.

Hanlie: Ek dink jy is absoluut korrek. Een van my kollegas het vir my gesê dat

ongeletterdheid het 'n geweldige groot rol gespeel in die houding van die mense, en

natuurlik toe die media ook nog bygekom het. En dit was die enkelinge wat wel

geletterd was, as ons nou ver genoeg teruggaan, dat dit die dominees kon gewees het,

skoolhoofde, of die paar, soos wat hulle een vir een uitgeskiet het, wat wel kennis

gedra het van wat alles gebeur het, wat toe begin het om stadigaan tot die ander

mense deur te dring.

Isak: My ervaring is dat in die groepe waar ek werk, sal dit vir my baie moeilik wees, is

dit vir my baie moeilik, ek het dit nog nie eers probeer nie, om vir 'n persoon te sê "hoe

het jy oor apartheid gevoel. Die ou sit op my raad en het 'n redelik hoë profiel in die

swart gemeenskap. Ek kry soms die gevoel dat ons op 'n gelyke vlak is, totdat jy begin

idees gebruik, die oomblik as jy in 'n gesprek daardie tipe meerderwaardige houding

begin inneem gebruik, veral dan mense rondom jou wat nie so sensitief is nie, dan kom

die emosies net so uit. Maar in 'n normale gesprek… Ons was nou vir twee dae by 'n

seminaar in Durban waar die voorsitter van my raad saam was – wat 'n redelike hoë

politieke profiel het, ek meen in 1991 was hy 'n absolute riller. Daar was net twee swart

persone, dit was hy en dan 'n swart vrou uit die Durban omgewing. Die aanbieder is 'n

erg Afrikaanse ou en ons ander is almal blankes. Dit het gegaan uit Labour relations en

die ouens is baie uitgesproke. As hulle van die punt af gaan, dan val hulle die ANC

aan, dan val hulle die regering aan, dan val hulle COSATU aan. En hierdie persoon is

'n groot unie-man gewees, 'n groot ANC man gewees. Toe ons terug ry gistermiddag

vra ek vir hom "hoe het jy dít ervaar?" Toe sê hy hy het nou geleer, as hy tot die debat

toegetree het en sy opinie gelig dan het die ander mense onttrek en dan het die hele

seminaar platgeval, omdat hy baie vurig sou wees. So dit lyk vir my, dit wat ek kan

waarneem, hulle verkies om nie dit op so 'n vlak te hou waar ek nie my emosies met

julle moet deel nie.

Albert: Hulle praat nie maklik daaroor nie.

Isak: Hulle sal nie maklik daaroor praat nie. Hulle sal eerder probeer sê "ek is 'n mens

en jy is 'n mens", ek is nou nie meer wit en swart nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!