25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p105

5. Die posisie van die NG Kerk sedert 1998

In hierdie afdeling word kortliks gekyk na wat gebeur het in die NG Kerk sedert die

aanvanklike navorsing in 1998. Uiteraard is daar baie meer waarna verwys kan word,

maar hier word gefokus op dié sake wat spesifiek betrekking het op hierdie

navorsingsprojek.

5.1 Ou toekoms, nuwe toekoms

Wie oor die NG Kerk wil skryf, kom gou agter dat die NG Kerk nie ʼn eenvormige entiteit

is nie. Daar was waarskynlik ʼn tyd in die NG Kerk se verlede toe alles baie meer

eenvorming was. In 2012 is dit beslis nie meer die geval nie. Diversiteit is baie meer

aan die orde van die dag. Die NG Kerk het dan selfs ʼn Diversiteitsforum 16 .

Op die oog af lyk dit of daar twee uiteenlopende ontwikkelings in die NG Kerk is, met

waarskynlik ʼn hele spektrum tussen-in. Dit lyk of daar gemeentes is wat ʼn ‘ou toekoms’

het. Aan die een kant lyk hulle lidmate, en waarskynlik hulle toekoms, nes hulle

verlede. Wie ʼn erediens daar bywoon sou kon wonder of die jaartal nie dalk 1972 of

selfs 1962 is nie. Hier lyk die kleredrag nog dieselfde, behalwe dat die vrouens nie

meer hoede dra nie; die mans sweet egter nog in hulle pakke. Die liturgie is nog nes

altyd; al gebruik hulle die Liedboek van die kerk wat in 2001 verskyn het, klink dit maar

nog soos in die vorige eeu. Sommige dominees klink ook nog soos destyds. Die mense

lyk ook dieselfde as vier, vyf dekades gelede, om die waarheid te sê, dit ís dieselfde

mense as wat vier, vyf dekades gelede in die Kerk gesit het. Hulle is vandag net soveel

ouer. En as jy die moeite sou doen om te kyk na die gemeenteprogram en die

Kerkraad se notule sal dit ook nie lyk of veel verander het nie. Sulke gemeentes het ʼn

‘ou toekoms’, en hulle gaan al ouer word totdat die gemeente saam met die laaste

lidmaat uitsterf.

Aan die ander kant van die spektrum is daar egter gemeentes wat transformasie

omarm het en daarop floreer. Hierdie tipe benadering kan dikwels gesien word in NG

gemeentes wat selfs hulle name verander om iets van hulle transformasie te

weerspieël. So word daar al meer gehoor van gemeenskapskerk of familiekerk of kerk

16 Die NG Kerk se Diversiteitsforum is vroeg in 2012 gesluit vanweë verskillende probleme. Die nuutste

inligting is beskikbaar by http://www.ngkerk.org.za/as/gespreksforum.asp

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!