25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p249

beskryf nie. Wat egter wel waar is, is dat daar ʼn “nuwe Afrikaner” nodig is. Dit is net nie

moontlik om voort te leef asof niks in die land verander het nie.

Dit is asof ek by mense hoor maar niks het nog verander nie, ons

kan nog hier leef soos ons voor 1994 geleef het [Albert 12-359].

Waarop Hanlie [12-363] antwoord met: Ja dit is ʼn totale denial, absolute

denial. Dit is ook nie wenslik om soos Johan te redeneer nie. Hy beweer: ons

geslag is amper verby [Johan 11-254]. Onttrekking uit die samelewing is nie ʼn

oplossing vir die uitdagings nie. Alles kan nie maar net oorgelaat word aan die

volgende geslag nie. Danie [13-579] sê: Ek is ʼn Afrikaner... ek is ʼn

Afrikaan. My wortels, my geboortereg is in hierdie grond. Ook Johan

[11-269] beskou homself as van Afrika. Presies wat dit beteken, sal ondersoek met

word.

Sparks (1990:xvi) se beskrywing van die wêreld van wit Suid-Afrika laat die vraag

ontstaan of wit Afrikaners werklik van Afrika is, of wil wees:

Today, three-and-a-half centuries later, Europe still survives in this

southern part of Africa in defiance of the rest of the world... Africa, with

its stirring millions, is kept at a distance, out of sight in rural reserves

and urban ghettos. The bitter-almond hedge lives on, institutionalized in

a thousand laws to exclude the dark-skinned indigenous people and

preserve the illusion that South Africa is really a ‘white’ country.

Later gaan hy voort op hierdie tema:

White South Africans are not evil, as much of the world believes. But

they are blind – blinded by the illusion they have created for themselves

that they live in a white country in Africa, that it belongs to them

by right and to no others, and by the self-centredness this has induced

(Sparks 1990:xvii).

Sal wit Afrikaners in staat wees om hierdie illusie te deurbreek en raak te sien dat Suid-

Afrika deel is van die kontinent van Afrika en nie ʼn enklawe van Europa soos dit

dikwels voorgehou is nie? Swanepoel (1997:3) beskuldig die Afrikaners dat hulle

dikwels nie deel wíl wees van Afrika nie: “Miskien is dit ons Afrikaners se grootste

sonde, groter selfs as apartheid, dat ons – die linkses net soveel as die regses – nie

werklik belang stel in Afrika nie.” Om waarlik deel te wees van die “nuwe” Suid-Afrika

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!