25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p59

when someone cannot be forgiven there is no future” (Tutu 1999:117).

Sedert die aanvanklike navorsing is daar in die NG Kerk 'n voortslepende debat oor

kerkhereniging. Die NG Kerk se aanvanklike “ernstige en duidelike verbintenis tot die

herstel van een kerkverband met die ander drie kerke van die Familie” (Ned Geref Kerk

2004:elektroniese bron) en die skynbare weerstand wat mettertyd daarteen opgebou

het (Coetzee 2009:2; Pienaar 2009), vorm die verdere agtergrond waarteen die

opvolgnavorsing gedoen is. Ten nouste hieraan verbonde is die debat oor die

aanvaarding al dan nie van die Belhar-belydenis, soos duidelik word uit enkele berigte

in Kerkbode (2004, 2007 en 2009). Jansen (2009:35) vra ook die verdere vraag na die

wit kerke se bereidheid om te verenig met kerke van ander rasse. Soos hy dit stel: “it is

entirely up to these churches, once indistinguishable from the state, to decide whether

and when they will change at all.”

Die sienings van die mede-navorsers oor hierdie en ander sake is aanvanklik getoets in

ʼn reeks semi-gestruktureerde groepsgesprekke soos in hoofstuk een verduidelik is. Die

opvolgnavorsing is ongeveer veertien jaar later gedoen deur een-tot-een gesprekke en

korrespondensie.

Hierdie hoofstuk se onderafdelings lyk as volg: Na hierdie inleiding word daar in die

tweede afdeling gekyk na die agtergrond en oorsprong van die beleid van apartheid. In

aansluiting by Browning (1991) se vertrekpunt van praktyk-teorie-praktyk sal hier ook

reeds aan die mede-navorsers se eie sienings saam met dié van akademici en ander

skrywers aandag gegee word. Hier word ook gekyk na die denkklimaat waarin die

mede-navorsers grootgeword het. Die dominante stemme en diskoerse van die

apartheidstyd sal hier uitgewys word, asook die invloed wat dit op die mede-navorsers

gehad het. Daar word gekyk na wat in die tyd voor die aanvanklike navorsing geskryf is

oor die onderskeie temas wat aan die orde gestel word. Hierdie inligting vorm die

agtergrond waarteen die verhale van die mede-navorsers gesien moet word.

Die derde afdeling sluit tematies aan by die voorafgaande. Hier word weereens na

dieselfde temas as in afdeling drie gekyk, maar nou vanuit die hoek van die afgelope

veertien jaar – die tussentyd tussen die aanvanklike navorsing en die opvolg-navorsing.

Persone, gebeure en diskoerse wat ʼn belangrike rol gespeel het in hierdie tussentyd,

soos onder andere dié waarna ek reeds hierbo verwys het, kom hier aan die orde.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!