25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 18: Korrespondensie van Karin

p707

72

73

74

75

76

77

78

79

80

81

82

83

84

85

86

87

88

89

90

91

92

93

94

95

96

97

98

99

100

101

102

103

104

105

106

107

108

Dit is ʼn baie ongelukkige situasie dat apartheid gewettig is. Ek het nog nooit

belangstelling in die politieke geskiedenis van ons land gehad nie, dus ken ek nie die

werklike motivering agter die wettiging van Apartheid nie. Soos ek verstaan was daar

voor die wetgewing ʼn natuurlike skeiding wat ontstaan het. My enigste vermoede

rondom die motief vir wetgewing is moontlik die armblanke-vraagstuk en dat die

regeerders van die tyd nie oor die nodige middele beskik het om aan al die

Kulture/rasse, gelyke geleenthede te bied nie en op grond daarvan besluit is om eers

hul eie volk uit te lig, onder die dekmantel van Apartheid en soos hulle vorder begin om

die ander kultuur/rasse groepe se fasiliteite te verbeter. Daar is in beide wit swart en

ander rasse voorsiening gemaak vir die bou van skole en sub-ekonomiese behuising

deur onderskeie Munisipaliteite. Selfs bruin en swart mense verklaar tans dat hulle

beter af was in die apartheidsdae. Ongelukkig is ek a-polities en moedig nie hierdie tipe

gesprekke aan nie. Ek gee wel advies oor hoe hul die probleem kan aanspreek.

2.3 Wat was volgens jou die probleemmet (of die hart van) Apartheid? Wat

was “fout” van Apartheid? Waarom het die beleid soveel weerstand ontlok?

Apartheid het die vooruitsig (“hoop”) op algehele ontwikkeling, veral vir die kinders

beperk en in sommige gevalle selfs uitgesluit. Dit het aanleiding gegee tot

ongelukkigheid, aggressie en moedeloosheid, vir die onregverdige benadeling. Voorts

is stemreg aan bande gelê wat die waardigheid aangetas het, weens afwesigheid van

deelname in die land. Bogenoemde het aanleiding gegee tot gevoelens van

onderdrukking en uitsluiting. Vanweë swak skolastiese agtergrond was hul aangewese

om die laagste vlak van arbeid, nl. ongeskoolde arbeid terwyl sommige veel meer

potensiaal gehad het. (Dit het ʼn drukkoker effek geskep wat een of ander tyd moes

ontplof.)

Dit is my persoonlike mening dat dit ʼn baie ondeurdagte en/of stiksienige besluit was.

Indien daar gelyke geleenthede en ontwikkeling vir almal se kinders was; ongeag ras

en geslag, sou ons nie nou met uiterse uitdagende omstandighede gekonfronteer

gewees het, op alle vlakke van die samelewing nie.

Die sogenaamde agtergeblewe gemeenskappe het in ʼn bevolkingsontploffing ontaard,

waarskynlike a.g.v. onkunde/druk en so meer. Dit het daartoe aanleiding gegee dat

daar nou nie net rasse aangeleenthede is wat aangespreek moet word nie, maar uiters

oorweldigende maatskaplike verval.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!