25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bylaag 3: Gesprek 3 (27 Augustus 1998)

p434

219

220

221

222

223

224

225

226

227

228

229

230

231

232

233

234

235

236

237

238

239

240

241

242

243

244

245

246

247

248

249

250

251

252

253

254

het jy niks gedoen nie. En dat dit nou tussen hulle, tussen die ouers en die kinders ook

'n groot ding word.

Ben: Ons was so selde in aanraking met mense wie se families ons nou hoor, vreeslik

mishandel is, doodgeslaan is. Ons was so min in aanraking met die families van daai

mense, as ons was sou ons hulle bitterheid agtergekom het. Ek weet in 1976 is 'n

klompie by die Munisipaliteit afbetaal en hulle het nie 'n unie gehad destyds nie, en

daar was bitterheid daar, want hulle was onwettig afbetaal, maar hulle kon daar niks

aan doen nie.

Mike: Wat ek kan agterkom, ons weet tog dat elke mens deur fases van sy lewe gaan,

die eerste een is om sy basiese behoeftes te bevredig, dan sy emosionele behoeftes

en dan gaan hy na sy geestelike behoeftes toe. Ek dink wat gebeur het in 'n groot

mate, is daai mense het by fase een vasgesteek vir baie jare, omdat sy basiese

behoeftes nooit bevredig was nie. As jy niks het nie, kan jy nie vorder na die volgende

stap van emosionele bevrediging nie. Of hulle dan nou weerhou is van die basiese

behoeftes deur die blankes, en of hy dan nou nooit die geleentheid gehad het om in

homself die basiese besitting en behoeftes te verbeter, dit geld vandag so, hulle wys dit

tot onder blanke mense wat basies min besit, in 'n mate so hard besig is om te werk

om sy eie basies behoeftes te verbeter dat hy nie tyd kry, of dink verder aan groei

emosioneel nie, en daai mense het vir baie jare daar vasgesteek.

Hanlie: Of aan politieke ontwikkeling of sulke goed dink hy nie. Ek stem.

Mike: Dis reg. En nou kom dit dat in 'n nuwe bedeling… Dis hoekom hulle spot en sê

die yskaste gaan uit die hemel uitval, dit gaan nie vir hulle hoe hulle gaan vorder in die

samelewing nie, dit gaan oor hulle basiese behoeftes. Vir baie jare het hulle daar

vasgesteek.

Albert: As jy nie die basiese behoeftes het nie, sal jy verseker eers daaraan aandag wil

gee. Maar hoe reageer ons op sulke goeters? Hoe het ons destyds daarop gereageer?

Ek dink nou hier aan 'n gedig van Adam Small wat ons op skool gedoen het en ek is

seker almal het hom op 'n stadium gedoen. Daai gedig wat hy praat van die witman

met jou aeroplane motorkar en jou skottels vol aartappels… Wat het ons destyds

daarmee gemaak? Ek onthou ons het dit op skool gelees op 'n stadium, en ek kan nie

eers dink hoe ons gereageer op daardie stadium nie. Hoe het ons gereageer op sulke

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!