25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p92

beskuldig Louw hom pertinent daarvan dat sy boek ruik na “die oneerlikheid van

selfregverdiging” (Louw 2001a:13). Niemand kon waarskynlik die reaksie op die brief

voorsien het nie. Die diskoers het ook ʼn eienaam gekry: die Boetman-debat.

Die koerante is oorval met ʼn stortvloed ondersteunende en kritiserende reaksies in die

briewekolomme, nie net van alledaagse burgers (Du Pré 2000:elektroniese bron) nie,

maar selfs van akademici (Boshoff 2000:elektroniese bron; Pieterse 2000:elektroniese

bron). Die dramaturg Pieter Fourie het die debat in ʼn toneelstuk verwerk en dit is later

daardie jaar by die Aardklop kunstefees in Potchefstroom opgevoer (Nieuwoudt

2000:elektroniese bron). Ook vroue het hulle stemme gevoeg by dié van Boetman.

Volgens Pepler (2000a:11) is daar 152 briewe, berigte en rubrieke tot en met 30 Julie

2000 in Beeld, 93 in Die Burger en 50 in Volksblad geplaas. Op die ou end het die

debat aanleiding gegee tot Louw (2001b) se boek Boetman en die swanesang van die

verligtes. Soos een ontleder dit gestel het: “Met die Boetman-debat het die Afrikaanse

pers die demokrasie kans gegee om te praat. En gepraat hét hulle in beeldryke taal

met gelade gemoedere” (Pepler 2000b:13).

3.3 Opgewonde

Dit sou oneerlik wees om die tydperk tussen 1998 en 2012 net in negatiewe terme te

beskryf. Suid-Afrika is ʼn nuwe land, ʼn ander land. Ten minste wat wetgewing aanbetref

is alle mense gelyk en word almal as gelykwaardig behandel.

Vir swart mense is die verbeterde toegang tot dienste seker die grootste sigbare verskil

in post-apartheid Suid-Afrika. Al hoe meer swart mense het toegang tot behoorlike

behuising (Tsheolo & Sebola 2012:239; Ndinda, Uzodike & Winaar 2011:762) met

lopende water en elektrisiteit. Die agterstand wat uit die vorige bedeling kom, sal egter

nog baie jare neem om in te haal.

Wat wit mense aanbetref is die grootste positiewe verandering sekerlik die blootstelling

aan swart mense op baie meer terreine van die lewe. Tydens apartheid was die kontak

tussen verskillende rasse dikwels beperk tot ʼn werkgewer-werknemer verhouding. In

die post-apartheid Suid-Afrika is die kontak meermale dié van gelykes. Die velkleurgebaseerde

voorregte, en onderdrukking, van die verlede is verby. En van die beste en

mees simboliese gebeure wat hierdie verandering onderstreep, was die eerste

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!