25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p240

kwaad nie [Isak 14-061]. My getuienis is die Here het my vrygemaak

daarvan [Isak 14-088].

Op hierdie stadium is sy ongelukkigheid oor regstellende aksie nie meer gefokus op sy

eie loopbaan nie [Isak 14-058]. Sy frustrasies is met onderwys wat nie op

standaard [Isak 16-070] is nie en wat kinders met potensiaal hulle kanse ontneem;

met [o]nderwysers en staatsamptenare wat (volgens ons ou Suid

Afrika se persepsies en maatstawwe) nie toegewyd is of bekwaam

is nie [Isak 16-071]; en die frustrasie as die regering en

staatsdepartemente nie altyd aan die verwagtinge voldoen nie [Isak

16-086].

Van die begin af was dit duidelik dat regstellende aksie wit mense gaan affekteer. My

gewete sê vir my daar moet regstellende aksie wees, en tog maak

dit mens seer ook, ek meen jou kinders en kleinkinders en jyself

kom in gedrang [Elsa 8-030]. My gevoel is ja, dit is vergelding wat

gebeur het. Dit laat my glad nie goed voel nie. Dit laat die

meeste Afrikaner wit mans wat nog ver van aftrede is, geweldig

bekommerd word [Johan 8-100]

In 2012 is daar van die mede-navorsers wat ongeskonde deur regstellende aksie

gekom het, soos Naomi [10-454]. Ander, soos George, het vanweë hulle ouderdom

regstellende aksie vrygespring [George 15-330]. Sommige, soos Danie en Isak na wie

reeds verwys is, is midde-in die stryd en sien dit nou maar deur tot aftreetyd. Die een

groot bekommernis is egter die effek van hierdie beleid op die volgende geslag, asook

die groot getal wit mense wat eerder emigreer: Dit is wat ons as blankes die

meeste raak in hierdie land dat ons kinders veral nie werk kry

nie en baie mense die land uitgaan [Elsa 9-648].

Oor die relatiewe sukses van regstellende aksie ten opsigte van die

verskillende rasse, verklaar Wicomb (aangehaal in Lefko-Everett, Nyoka

& Tiscornia 2011:25): “Sixty-four percent of top senior management

positions are filled by our white compatriots. These data confirm, first,

that transformation has not yet been achieved, and further, that current

employment practices have not translated into discrimination against

minority groups.” Daar is nie rede om sy syfers te bevraagteken nie,

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!