03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

"Ek het julle nodig" - Die sorg van die Huisvader vir

Sy knegte

5085 16 Maart 1951

Ek het julle nodig. Die nood op aarde is reusagtig groot en kan slegs

opgehef word met julle medewerking, omdat Ek nie met My Almag kan

inwerk op die siele van die mense nie, maar hul vrye wil moet aangespoor

word, waarmee julle moet help. Die nood is groot en Ek het maar weinig

medewerkers op aarde wat hierdie geestelike nood wil teëgaan. Hierdie

weiniges staan onder My beskerming, hulle word deur My Vaderliefde met

sorg omring en sal nooit sonder beskutting wees nie.

Sou julle weet hoe Ek julle geestelike arbeid waardeer, dan sou julle nie

meer die minste twyfel gehad het oor My Vaderlike sorg vir julle nie. Julle

sou geen oomblik bang wees nie, maar vol vertroue steeds hulp verwag in

aardse nood. Want julle moet die geestelike arbeid ononderbroke verrig.

Dus sal Ek ook daarvoor sorg dat julle dit kan verrig, want van hierdie

arbeid van julle, hang vir baie siele die hulp af wat hulle andersins nie

gebring kan word nie.

Die arbeid vir My en My ryk word op aarde maar baie ongeërg uitgevoer,

want selde word die geestelike nood in Sy hele totaliteit begryp. Maar

weinig mense het insig, slegs weinig mense ken die sin en die doel van die

aardse lewe en die sin en doel van die skepping. Maar min mense is

daarom in staat om aan hul medemens dié kennis te verkondig en daarom

kan min mense ware verkondigers van die evangelie wees, want by dié

amp is dit noodsaaklik dat die verkondiger self in dié kennis vasstaan.

Daaruit sal julle nou kan aflei dat Ek uiters sorgsaam waak oor diegene wat

vir so ‘n verkondigersamp bruikbaar is, omdat hulle dié kennis van Myself

in ontvangs geneem het. Die reeds misvormde leer is nie ten volle geskik

as reddingsmiddel vir die dwalende siele nie, slegs die suiwer waarheid kan

aan hulle profyt oplewer. Slegs die suiwer waarheid is die middel om die

geestelike nood op te hef. En wie nou deur sy wil en sy liefde tot My ‘n

draer van die waarheid geword het, is vir My ‘n troue medewerker, wat Ek

waarlik nie wil verloor nie, omdat Ek ook die hoeveelheid dwalende siele nie

sou wil verloor nie, maar hulle nog terug wil wen voordat dit te laat is.

Ek het julle, My medewerkers op aarde nodig en Ek sê julle dit steeds weer,

dat Ek My draers van die lig vir My diens op aarde oplei omdat hulle in My

plek "die ryk van Jesus" onder die mense moet oprig, dat hierdie draers

van die lig egter ook in My diens staan en dus ook deur My, hul Meester, op

elke manier versorg word.

Wie dus vir My werk, moet geen aardse sorg vrees nie en hom in volle

geloof aan My toevertrou. Hy moet as ‘n kind na sy Vader opsien en altyd

seker daarvan wees dat hy ook as ‘n kind deur sy Vader behoed word. En

die sterkte van sy geloof sal hom rus gee ook in elke aardse nood, wat Ek

sal ophef as die tyd daar is. Amen

10

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!