03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

vorm te betrek, aan wie ‘n duidelike opdrag gegee word om totale

onafhanklikheid te bring van alle uiterlike omhulsels.

Die menslike liggaam is dus die uiterlike omhulsel wat die siel omsluit en

nou die taak het om die geestelike wat dit bevat, tot volwassenheid te

bring. En die volwasse wording geskied op die manier, dat die mens in vrye

wil (die teken van sy Goddelike oorsprong) trag om elke sielesubstansie

met die korrekte orde uit God vertroud te maak, dit wil sê alle

karakteristieke eienskappe van die ontelbare klein sieledeeltjies op ‘n

grondslag, wat vir God welgevallig sal wees, te bring, dus om elke neiging

na God te rig.

Al die verlange wat van God af weg gerig is, moet verander word in ‘n

gevoel om na God te strewe en dit is die bewustelike sielearbeid, wat die

mens tot stand moet bring tydens sy lewe op aarde. Dit moet eintlik so

begryp word dat alles wat die siel uit sy vroeëre beliggaming nog aankleef,

afgelê moet word; dat dierlike drifte dus oorwin moet word en so ook die

verlange na die materie gedood moet word. Want al hierdie aandrifte stam

uit die voorontwikkeling af en hang die siel nog ten seerste aan as ‘n

merkteken van die ontwikkelingsgang van voorheen.

Hiermee is ‘n baie duidelike riglyn gegee vir die opdrag wat die mens op die

aarde het, want God se wil word daardeur geopenbaar aan die mense deur

Sy Woord. Die siel is as’t ware nog die ongeordende geestelike wat tot

ordening gebring moet word, waarheen hy homself egter kan beweeg,

omdat hy homself in die stadium van die vrye wil bevind. Hy kan homself

wel orden, maar is nie daartoe gedwing nie. Dog so gou daar ordening

kom, het die Gees uit God toegang, wat nie deur ‘n chaos van aandrifte en

ongeordende substansies kan deurdring nie; of beter gestel: Self nie

ordenend mag ingryp, wanneer die wil ontbreek nie. Die ordening word nou

tot stand gebring wanneer die afsonderlike eienskappe wat spesiaal op die

voorgrond getree het, wat ‘n vorige beliggaming gekenmerk het, omgesit

word in die teendeel. Want al die geestelike wat hulself in die begin van

ontwikkeling bevind, is onvolmaak en die volmaakte word die sin en doel

van die beliggaming. Dus kan die eienskappe wat nog uit die vroeëre

beliggaming herkenbaar is, nooit met die Goddelike ordening ooreenstem

nie, maar moet omgesit word in die teendeel tot alleen liefde, goedheid,

nederigheid, sagmoedigheid, geregtigheid en barmhartigheid, wat die

karakterbepaling van die mens en voortekens is van die nagestreefde

voltooiing; tot die Goddelike ordening te sien is en die siel van die mens

nou sy doel bereik het en dan sy liggaamlike, materiële uiterlike vorm kan

verlaat; om as geestelike wese nou opwaarts te strewe, egter in die besit

van lig en krag wat sy vooruitgang in die hiernamaals verrassend vinnig

bevorder. Amen

50

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!