03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

ernstig daarna streef om die heil van julle siele te bereik, julle nie onder die

groot massa bevind nie, julle sou julle daarvan afsonder en ‘n weg soek wat

‘n ander rigting het. Julle sou ag slaan op die bode wat met ‘n lig vooruit

gaan om julle die weg te verlig, julle sou julle nie laat tevrede stel met

holle frases nie, julle sou wyse onderrigting verlang wat julle ‘n ware lig

gee. Julle sou self nadink en ‘n steeds helderder lig ontvang.

Skud julle sorgloosheid af waar dit om die heil van julle siele gaan. Laat nie

ander vir julle sorg nie, want vir julle siele dra julleself die verantwoording,

wat niemand julle kan afneem nie. Probeer self met God in verbinding te

kom, kies Hom tot julle Leidsman en maak julle los van hulle, wat glo dat

hulle op aarde Sy verteenwoordigers is, want die regte verteenwoordigers

van God sal julle altyd alleen maar wys om die verbinding met God tot

stand te bring, Die valse verteenwoordigers wil julle egter die

verantwoording afneem en verlang van julle alleen blinde gehoorsaamheid

en vervulling van die deur hulself uitgevaardigde gebooie.

Wil julle salig word, dan moet julle ook die weë gaan wat na die saligheid

lei. Julle moet God bid dat Hy julle die regte weë aanwys en julle die krag

gee om daarop te gaan, as dit opwaarts voer. En God sal julle die regte

leiers stuur, Hy sal julleself trek en julle sal dan die regte doel bereik. Amen

Die strewe na geestesgawe - Die kenmerk van die

kerk van Christus

6551 20 Mei 1956

Julle moet ywerig strewe om die gawe van die Gees te verkry, want dit kan

julle nie geskenk word nie. Julle moet dit verwerf deurdat julle julself

geskik maak vir die werksaam wees van My Gees in julle. Glo nie dat dit

julle gegee kan word as julle geen arbeid aan julle siele verrig het nie,

wanneer julle wese hom nie sodanig verander het dat julle siele tot liefde

geword het.

Julle siele moet ‘n sekere graad van volwassenheid bereik het voordat My

Gees in julle kan werk, die graad van volwassenheid vereis van julle ‘n

vaste wil om op aarde geheel en al na My gebooie te lewe, dit vereis

selfoorwinning, ‘n onselfsugtige dien van die naaste en om volledig na My

toegekeer te wees. Dan eers kan Ek My Gees op julle uitstort en kan die

mens die gawe ontvang waarvoor hy in die besonder geskik is en wat sy

verdere arbeid vir My en My ryk bepaal.

Almal kan die gawe van die Gees deelagtig word, want almal is geroep om

ywerig mee te werk vir My ryk. Maar slegs weinig is uitgekies, want slegs

weinig vervul die voorwaards verbind aan die werk van My Gees. Slegs

weinig neem dit met die arbeid aan hul siele so ernstig, dat hulle hul vorm

tot ‘n opnamevat van My Gees en slegs weinig kan Ek daarom toerus met

die gawe van die Gees.

419

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!