03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die sin van lyding en siekte

5575 12 Januarie 1953

Alle nood wat julle op aarde moet verduur sal julle meervoudig beloon word

en julle sal in geluksaligheid besef wat julle staat van lyding op aarde vir

julle beteken het, wat My Liefde insien as heilsaam vir julle siele en dit

daarom alleen uit liefde julle opgelê het.

Julle mense glo tog, dat julle almal nog geleendhede nodig het om meer

volwasse te word, dat selde ‘n mens op aarde te vinde is wie se siel al so

kristalhelder is by die verlaat van die liggaam, dat hy as My kind direk kan

ingaan in die geesteryk. Glo dit, dat maar weinig mense die graad van

kindskap van God sal bereik, wat hul die erfdeel van die Vader oplewer, as

Ek nie vir hulle die moontlikheid sou skep van siekte en leed nie, ‘n

toestand wat die siel volkome kan suiwer van alle afvalstowwe en as te

ware die afdra van alle skuld nog op aarde beteken.

Ek alleen ken die bereidheid en die in staat wees om liefde te gee van elke

mens, dus ook sy graad van volwassenheid. Ek weet waarlik ook die beste

wie met My al so nou in verbinding staan dat Ek hom as My kind kan

aanneem. Maar volgens die wet van ewigheid moet die siel by die sterwe

van die liggaam volledig suiwer en sonder afvalstowwe wees, omdat die

hoogste graad van geluksaligheid, die kindskap van God alleen op die aarde

bereik kan word, omdat vir die siel om die hoogste voltooiing in die

geesteryk, die opgroei tot kindskap van God, in die hiernamaals nie meer in

aanmerking kom nie.

Daarom word die siel nog op aarde die geleentheid gebied om hom te

vervolmaak, wat ‘n moeilik aardse bestaan vol van leed teweeg kan bring.

Liefde en leed lei die siel na volmaaktheid. Liefde en leed laat die siel

volwasse word. Liefde en leed laat die siel deelagtig word aan die grootste

vreugde en die geluksaligste verbondenheid met My. Die kind sluit hom aan

by die Vader en bly dan ewig met Hom verbind.

Die aardse lewe is egter begrens, dit is maar ‘n vlugtige oomblik vergeleke

met die ewigheid. En hoe smartlike dit ook is, die vreugde aan die Hart van

die Vader weeg duisendvoudig op teen die leed. Dankbaar kyk die siel eens

terug en sien die oorgrote Liefde van die Vader, wat hom die oneindige

geluk wil berei en hom alleen daarom op aarde laat ly. Amen

God se Gees in die mens wat Jesus navolg

5577 14 Januarie 1953

Julle sou vol van die goddelike Gees kon gewees het as julle geleef het

volgens Jesus se leer. Hy was as mens nie anders as julle nie, Sy lewe was

alleen maar ‘n stryd en worsteling teen die begeerte, wat Hy net soos julle

ervaar het, maar wou onderdruk uit liefde tot My. Sy lewe was ‘n lewe van

liefde tot die naaste van wie Hy geweet het dat hulle in nood verkeer en

147

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!