03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

steeds meer wêrelds en steeds meer ongeskik vir geestelike openbaringe.

Derhalwe word dit moeiliker om My Evangelie aan die mense te verkondig,

dit word moeiliker om hul manier van dink te verander en om hul harte vir

My Woord oop te maak, omdat hulle dit nie as My Woord herken nie en dus

hulle ore sluit, maar daardeur verwerp hulle ook die middel waardeur hulle

gehelp en opgehef kan word. Slegs baie selde sal iemand na My Woord

luister en selde sal dit deur ‘n hart herken en as ‘n Goddelike gawe aanvaar

word.

En terwille van hierdie weiniges sal Ek nie vroeër tussenbeide kom nie maar

wag op die dag wat sedert ewigheid bepaal is, hoewel die mensdom reeds

die lae vlak bereik het wat ‘n einde vra. Maar elke siel wat Ek kan nog

bereik is hierdie vertraging werd en elke siel wat van goeiewil is sal Ek

bystaan en hom die weg na die boodskappers van My Woord laat vind.

Maar daar sal slegs enkeles wees en die tyd sal spoedig vervul word, die

tekens wat na die einde wys sal spoedig meer word en die uur van oordeel

sal spoedig vir alle mense slaan. Op ‘n tydstip waarop My teenstander die

bevele gee, omdat die mense hulle by hom aangesluit het, dit sal die werk

van My dienare op aarde besonder moeilik maak en sal dikwels onsuksesvol

wees en tog moet dit gedoen word, sodat niemand sal kan sê dat hy geen

seën van My ontvang het nie. Elke persoon sou vroeër of later deur My

aangespreek wees en die weg van elke persoon sal deur één van My

boodskappers gekruis word, net dat hierdie boodskapper of tenvolle

geïgnoreer word of sy gawes afgewys word, maar dit word altyd bepaal

deur die persoon se eie wil. En hierdie wil moet moontlikhede gebied word

sodat dit getoets kan word, wat ook die aanbieding van My Woord insluit,

wat nie op ‘n persoon afgeforseer kan word nie.

En ook sal mense met verharde harte dikwels nog beïnvloed word deur

verontrustende gebeurtenisse en selfs dan sal hulle dikwels nog hul harte

kan sag maak, want Ek sal bly probeer om verlossing aan die mense te

bring tot die allerlaaste dag. Ek sal niemand laat val vóór die einde nie,

maar Ek sal nie in staat wees om die einde te vertraag wat deur My plan

van ewigheid so bepaal is, sodat die siele van die verlorenes nie verder val

nie, om hulle ‘n pynliker lot te bespaar as die hernieude verbanning in die

skeppinge van die nuwe aarde, wat daarom op die aangewese tyd moet

plaasvind.

En Ek weet waarlik wat tot voordeel van die mens se siel is en Ek weet ook

hoe om hulle teen die slegste te beskerm. My dienare op aarde sal egter

krag van My kry sodat hulle, ondanks ‘n duidelik gebrek aan sukses,

nietemin vol oorgawe in My wingerd bly werk, want geen werk sal ooit

vergeefs gedoen word nie; en één dag sal hulle dit ook self herken en sal

gelukkig wees dat hul werk om die siele te verbeter tot die verlossing van

die siele bygedra het, omdat My seën rus op alle werk wat gewillig en

vreugdevol vir My en My koninkryk gedoen word. Amen

454

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!