03.05.2013 Views

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

DEEL 2 Reïnkarnasie - Ja of nee? - Nuweopenbaring

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Dit alleen is My wil en My ware verteenwoordigers op aarde moet die

mense aanmoedig om dit te vervul. Dit is die werk in My wingerd wat My

dienaars moet doen: om die mense te laat weet dat slegs ‘n lewe in liefde

hul kan vervolmaak, dat slegs liefde eenheid met My kan bereik. Daarom is

dit belangrik dat wat daar ookal die mense 'as evangelie' aangebied word

geen ander doel moet dien as die verheffing van die mens, sy

'transformasie' tot liefde. Dan doen My dienaars ware wingerd-werk.

Waarom is daar so weinig lig op aarde, hoewel My Evangelie in die hele

wêreld gepredik word? Miskien word meer aandag geplaas op seremonies

as op die preek van My Evangelie? Miskien word die prediking van die

Goddelike leer van liefde as “onbelangrik” behandel terwyl ander

leerstellings eerste geplaas word? En gee die mense miskien meer aandag

aan die later bygevoegde leerstellings en gebooie as aan My oorspronklike

leer?

Dink hieroor na en maak die regte gevolgtrekking! Aangesien Ek die

vervulling van My gebooie van liefde as voorwaarde vir die bereiking van

geestelike volwassenheid gemaak het, aangesien geestelike strewe aardse

nood verminder of dit totaal onnodig maak en aangesien julle nou op aarde

meer lyding as ooit te vore vind, moet daar iets verkeerd wees met die

geestelike ontwikkeling na bo. Van dit kan mens slegs aflei dat die

belangrikste vereiste, om liefde uit te oefen, waaraan Ek die mense bly

herinner, verontagsaam word!

Die evangelie van liefde word nie aan mense gepreek met voldoende

nadruk nie. So daar moet maar weinig ware verteenwoordigers van My

liefdesleer wees, slegs ‘n paar gelowige dienaars wat vir My op aarde werk,

hoewel elkeen glo om in My naam te werk. Teveel aandag word op

voorkoms geplaas en te min op waarheid, waar mense My verkondig en

hulle glo dat hulle dit doen, daar is dood maar geen lewe meer nie, niks

buiten traditionele voorkoms nie, slegs ‘n refleksie van wat eens helder

geskyn het, vol van krag.

Gevolglik is daar geen lewe onder die mense nie, geen bewustheid, geen

waarheid, geen geestelike vooruitgang nie; Al wat oor is, is ‘n ‘verslete

kleed’ wat nutteloos is maar op ‘n oordrewe manier ‘eerbiedig' word. Hulle

is lampe sonder olie, wat valslik aan die mense as 'ligdraers' voorgehou

word, maar onbekwaam is om één enkele ligstraal uit te gee.

Daarom is daar ooral duisternis. Dit is oral geestelike nag. En slegs selde

kry ‘n ware verteenwoordiger van My Koningkryk toegang tot die duisternis

met sy lig, maar hulle lig gaan helder skyn. Hulle sal kan verlig en die

waarheid verkondig: die lig van kennis wat ‘n seën vir elkeen sal wees wat

na lig soek. Amen

223

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!